{ARGIEF}

Retraite

Gelei deur  Willem Nicol

Tema: Die lewe in ’n nuwe kragveld

Ons stel ons oop vir ’n dieper begrip en intenser ervaring van Paulus se boodskap oor die nuwe lewe. ’n Mate van stilte en ’n bietjie gesels. ’n Klompie aandag aan die liggaam. Luistermusiek en sang. Brood en wyn. En dan telkens weer Skrifgedeeltes wat aan ons harte raak.
Datum 11-13 Mei 2012
Tyd: Begin Vrydagmiddag 11 Mei 1500 (3nm) tot Sondagoggend 13 Mei 1100
Plek: Wortelgat (Naby Standford) Melkhoutkamp
Koste: R900 pp (alles ingesluit)
Inskrywings by kerkkantoor Durbanville:
ontvangs@durbanvillegemeente.co.za“>ontvangs@durbanvillegemeente.co.za
Inskrywings sluit:
3 Mei 2012
Elke persoon het eie kamer. Jy moet eie beddegoed saambring.
WILLEM NICOL was vir 33 jaar ‘n predikant in die NG Kerk, veral by Universtireitsoord gemeente in  Pretoria. Willem het in 2006 afgetree en het met ‘n bediening begin wat fokus op kontemplatiewe spirituaiteit. (Dit is waarmee ons ook in die gemeente besig is)
Willem het doktorsgrade in Nuwe Testament en Sistematiese Teologie. Hy lei kursusse in kontemplatiewe spiritualiteit vir meer as 25 jaar.