{ARGIEF}

Vasgeloop – deur Nico Simpson van www.claripics.com

Ek kry gister ‘n oproep van ‘n gemeentedominee uit  die binneland, ons ken mekaar so van sien by kursusse ens. Het jy 5 minute, vra hy- ek weet uit ondervinding dit gaan ‘n halfuur wees.  Ja ek het- se ek en klap die rekenaar toe. Hy val met die deur in die huis: Ek is vasgeloop! In ‘n paar paragrawe som hy die situasie netjies op en vra, van wat hy alles probeer het om dinge in die gemeente te verander, niks daarvan het geweerk nie, en vra toe: Se my wat moet ek in hierdie situasie doen, want ek weet regtig nie?

Ek kry nogal dikwels hierdie soort oproepe, eintlik te veel. Van die meer siniese kollegas sal se I-amgoing-nowhere-slowly.. Ek was self daar in my bediening- in die neentiger jare in Studentekerk was ons vasgeloop, energievlakke was laag- ons het ons bes probeer maar die vasgelooptheid wou maar net nie weggaan nie.  Energie het uit die sisteem geloop soos water wat jy in ‘n gebarste emmer gooi. Mense kyk na jou met die hoop jy het ‘n antwoord, maar jy weet jy het nie, maar durf dit nie se nie. Glo my ek het empatie met mense wat vasgeloop is.

Wat mense nie aldag verstaan nie, is dat gemeenteleiers mense is wat in die publiek werk en elke week met die bediening bediening moet aangaan.  Ons moet leer om voor te gee alles is OK, terwyl niks OK is nie. So waar kry ek as gemeenteleier die tyd om te gaan dink oor my vasgelooptheid, waar is dit veilig om eerlik daaroor te wees?

So wat maak ‘n gemeenteleiers as hy/sy vasgeloop is. Jy begin by die besef dat vasgelooptheid ‘n gawe van die Gees aan jou is. Dit klink teenstrydig, maar vasgelooptheid is ‘n voorreg en gawe as jy bereid is om die geskenkpakkie oop te maak. Ek skiet so uit die heup van wat ek gesien werk het met kollegas

Wat hou ‘n mens op om te doen in ‘n vasgeloopte situasie …

  • Vergeet van afdankings of bedank- dit is in elk geval gewoonlik gebore uit ‘n sondebok perspektief
  • Staak enige vrom van beskuldiging- as jy ‘n dominee is- jou lidmate en leiers en as jy ‘n lidmaat is staak die beskuldiging gemik op die dominee. Dit gaan julle nerens bring nie.
  • Moenie energie mors op nuwe programme of respete nie, dit is nou nie die tyd daarvoor nie.  Die kans is goed dat hierdie laaste effort die spyker in die doodskis kan wees
  • Vermy valse sukses indikatore soos geld in die bank, getal mense in die kerk ens.  Gemeentes wat hierop fokus gaan suksesvol die kreeftegang
  • Hou op om besig te wees.  Die activity trap is een van die gevaarlikste dinge vir mense wat vasgeloop is.  Daar is geen waarde in besig wees as sodanig nie.

Wat kan ‘n mens oorweeg om te doen…

  • ‘n Vasgeloopte situasie is ‘n baie goeie plek om te wees, want dit kan die broeikas wees vir ‘n wonderlike nuwe geboorte, mits jy dit nie ontken nie- dit is die moeilike deel vir sommige van ons- om eerlik te wees met onsself oor waar ons nou is.  Jy is waar jy is en dit is ‘n goeie plek om te wees.
  • Vasgelooptheid kom nie sommer reg nie dit vat tyd- guns jouself die tyd, neem ‘n sabatsverlof- as jy bang is dat dinge dan finaal uit mekaar gaan val, is dit ‘n bevestiging dat jy die verlof moet neem.
  • Begin waarderende ondersoek te doen van wat om jou aan die gebeur is. Daar is altyd ook goeie goed wat gebeur- ons sien dit in vasgeloopte situasies net nie raak nie. Begin om die goeie dinge wat gebeur- meeste daarvan sal dinge wees wat jy self nie gedoen het nie- neer te skryf en met mense te deel.  Maak ‘n punt daarvan om ‘n DRAER VAN HOOP  te wees.
  • Stel jouself bloot aan ander kontekste, besoek ander gemeentes, maak vriende met mense wat nie in die gemeente is nie- walk across the room. In kort jy de-center sodat jy na jou situasie vanuit die oe van die buitestaander kan kyk.
  • Kry ‘n fasiliteerder of mentor wat saam met julle die pad kan loop- bly weg van konsultante- hulle het ‘n sak vol antwoorde wat ander mense uitgedink het en hulle aan jou wil verkoop-dit is nie wat jy nou nodig het nie. jy het ‘n significant other nodig wat kan journey.
  • Neem tyd om die gemeente se storielyn op te teken en spandeer tyd om saam met leiers daaroor na te dink.  Nouwen is reg as hy se ons verhaal is ons mees intieme leermeester- as ons dit verloor is ons werklik verlore. Ontwikkel ore om God se alternatiewe storie in die verhaal te hoor.
  • Identifiseer die struikelblok in jouself- dar is geen waarde daarin om te fokus op die foute van ander nie- en besluit self wat jy daarmee gaan doen. Moeinie iets probeer doen aan die struikelblok waarmee jy die meeste sukkel nie.
  • Spandeer meer as gewoonlik tyd aan afsondering gebed en Wandel in die Woord. As dit kan gaan op ‘n week retreat

… we try to solve difficulties of living and working together in ways (usually the same old ways) that make things worse by creating self-reinforcing vicious circles… Halstead

Ek is baie nuuskierig om te hoor hoe jou lysie lyk!