Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos? Knyp jy oë toe ignoreer en gaan net aan? Beskuldig jy die leiers, is jy kwaad vir hulle? Word jy ‘n slagoffer van “bose”magte wat die wêreld wil vernietig? Kry jy jouself jammer en besluit die lewe is onregverdig? Of gaan jy in ‘n depressie en kla maar voort met die massa? Voel jy skaam oor ons kerke se onvermoë om hoop te gee en voel jy lus om te sê: Ek-is-nou-wel-deel-van-die-kerk-maar-ek-dink-nie-meer-dat-die-kerk-‘n-boodskap-het-nie.
Wat ek eintlik wonder oor, is die vraag oor hoe jy oor God dink in sulke tye van chaos?
Elkeen van die bg strategië is op punte aanloklik, maar ek moet sê op die ou end sien ek nie vir hulle kans nie. Dit is soos Ancy Ammerman op ‘n plek oor nostalgie sê, Nostalgie is vir die oomblik lekker, gee jou ‘n warm gevoel om die hart oor die ou dae, maar in feite is jy besig om jouself kop eerste te begrawe! My aanvoeling is so oor bg reaksies.
Hoe gee gemeenteleiers in tye van chaos leiding?
Ek dink dit het alles te make oor hoe ons oor God dink en hoe Hy teenwoordig of afwesig is in die chaos.

Gee ons leiding met hierdie swart-wit teologie verval ons in liefdeloosheid, want ons stel onsself buite die chaos, deur ander te blameer. Die teenoorgestelde kan gebeur as ons saam met Van Ruler teologies dapper raak en God probeer raaksien in die chaos- om Van Ruler aan te haal – liefde hou ons in de chaos vast, want as God ook in die chaos is verlam die chaos nie die liefde nie, maar aktiveer dit liefde. Hoeveel het ons nie hiervan gesien in die tyd van die Xenophobia in Suid-Afrika nie. Talle gemeentes het in hierdie tyd van chaos, eenvoudig binne-in daardie chaos getree, hulle kerke oopgemaak, hulle harte oopgemaak en mense net liefgehê. Ek dink dit is mense wat verstaan dat God op een of ander manier in die chaos is en vanuit die chaos met ons praat.
Hoe sou dit wees as die groeteboodskap van die moderator sou begin met: Broers en susters dit is moeilike tye, maar God is ook hierin saam met ons, en daarom kan ons mekaar te midde van alles liefhê. Broers en susters ek wil maar eintlik net een ding sê, Ek is lief vir julle. Hoe sal die partypolitiek anders lyk as christene in daardie sisteme onthou dat elke mense, ook die leier wat ons afsit, na die beeld van God gemaak is. Hoe sou dit wees as die leiers in Zimbabwe onderhandel met die wete God is in die chaos van Zimbabwe teenwoordig en hierdie chaos, hoe omvangryk ookal, kan nie die liefde wat die Gees in ons harte uitstort verlam nie, want dit kom van God af.
Hoe sou dit wees as jy hierdie week as gemeenteleier onthou: God is in alles wat met ons gebeur, reageer dus op alles wat met jou gebeur asof God daarin is.
Richard Niebuhr