{ARGIEF}

As ek so ‘n bietjie van die ander kant af mag dink wonder ek op hierdie stadium kliphard wat maak dat die blindekol daar is. Wat maak bv dat ons een oomblik die ervaring het van die beweging van die Gees en die volgende aangaan asof ons dit nie gesien het nie. Ek dink dit het te make met ons onvermoe om verras te word deur die lewende teenwoordigheid van God- want die lewende teenwooridgheid van God  le buite ons beheer en maak ons angstig en onseker en laat ons teruggryp na die bekende en die bevestiging daarvan.

Scharmer se erens dat indien mense nie bewus word van hulle blindekol nie, kan hulle nie present of teenwoordig raak nie, maar raak hulle absent-ek dink dit is min of meer ontoeganklik- hulle(ons) is daar maar hulle(ons) is nie daar nie. Dit was soos ‘n lig wat opgegaan het toe ek dit lees- ek kon myself en soveel van ons sien in vergaderings, in gesprekke, in kursusse ons is daar maar ons is ook nie daar nie- ons is absent. Daar is geen varsheid en opwinding nie maar net die repetisie van die bekende, woorde en idees oor God, maar geen werklike conneksie met God en met mekaar nie.

So my vraag is aan die ander kant as joune, Jannie – wat is die oogklappe wat ons vermoe om te sien wat ons moet sien, wat is dit wat ons ontoeganklik maak vir die nuwe. Ons het in die filosofie geleer dit is wat ideologie doen, dit maak jou blind- wat ‘n mens laat wonder in watter mate teologie ons blind maak. Marius Nel het by die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie op ‘n baie treffende manier vertel hoedat sy studie in die NT hom doof gemaak het om die stem van God in die Bybel te kan hoor.  Pat Keifert het by dieselfde konferensie verwys na teologie wat  geneig is in der waarheid te gaan oor idees oor God en nie oor ‘n wandel met die lewende God self nie.  So kan teologie ons blind, doof en geestelik dood maak vir die beweging van die Gees en die lewende teenwoordigheid van God. Is dit nie dringend dat ons as predikante begin praat oor hierdie staat van blind-doof-doods-heid waar in ons so dinkwels verval nie en watter rol ons teologie daarin speel. Dit mag ‘n moeilike gesprek wees waarin daar baie van ons mag wees wat sal wil verdedig, maar ek dink dit