{ARGIEF}

Opleiding van Brugpredikante
 bridge
Brugpredikante Opleiding  1 : 7-9 Februarie 2017
Brugpredikante  Opleiding  2 : 24-26 April 2017
 Wat is Brugbediening:
In die verlede het dit dikwels gebeur dat wanneer ‘n gemeente vakant raak, die dienste van ‘n aflos-predikant bekom is. Die taak van ‘n aflos-predikant is min of meer instandhoudingswerk en om die gemeente geestelik te bedien totdat die volgende predikant beroep en bevestig is.
Die doel van ‘n Brugpredikant is egter om ‘n vakante gemeente te help om weer haar roeping en rol duidelik te verstaan. Ook om die gemeente te help om hulle eie storie/geskiedenis/konteks en kultuur te “hoor” en te verstaan. Die Brugpredikant help die gemeente om die “ou hoofstuk” om te blaai en reg te maak vir ‘n nuwe hoofstuk. Die Brug predikant help ook die gemeente om die verandering as ‘n positiewe groei geleentheid te beleef. Die Brugpredikant help die gemeente met die beroepingsproses en om ‘n profiel van die toekomstige predikant saam te stel.
Om Brupredikante toe te rus bied Communitas ‘n Brugkursus aan .Een van die beginsels van Brugpastoraat is dat die predikant vir ‘n termyn van 6-18 maande in die pos bevestig word en dat die brugpredikant nie beroepbaar is vir daardie gemeente nie. Dit verseker dat Brugpredikante nie proponente uit die bediening hou nie, maar eerder die weg baan vir ‘n beroep.
Kontak Pierre Goosen of Adrienne Bester by 021 808 3382 of bestera@sun.ac.za vir meer inligting
 
GETUIENIS VAN “N OUDERLING WIE SE GEMEENTE PAS ‘N BRUGSKAP VOLTOOI HET EN BEROEP HET: Lees hier: Brugpredikant rol en funksie Nov 2014