{ARGIEF}

 

5 Junie 2011 – Sewende Sondag in Paastyd – Omgewingsondag

1 Petrus 4:12-14; 5:6-11 ~ Wanneer een lid ly, ly almal

Ek dink nie ons het enige idee, of ervaring van en besef die omvang en konsekwensies van dié lyding, waarna Petrus verwys nie. Die lyding wat meeste van ons ken en mag ervaar is nie noodwendig van minder belang nie. Die Bybel beskryf verskillende vorme van lyding wat onder andere deur onreg, verdrukking, en siekte veroorsaak word. Dis ook duidelik, God is op ’n besondere wyse die God van die noodlydende in alle vorme. God roep gelowiges en gemeentes om by “Hom” te staan teen onreg en lyding.

Petrus verwys egter spesifiek na die verontregting en diskriminasie wat Christene weens hul geloof moet verduur. Ons kan nie die ongewildheid en teenkanting weens ons Christelike waardes, beginsels en leefwyse met die lyding wat medegelowiges onder anti-Christen regimes moet deurmaak, vergelyk nie – dit gaan immers oor Christen vervolging. Dit mag ons nie onaangeraak laat nie en gebed stom maak nie. Petrus se geadresseerdes is gelowiges in Klein-Asië wat onder druk is om met die hoofstroom se oortuigings wat Jesus ontken, te assimileer. Die Noord-Koreaanse Christene sal Petrus se brief goed verstaan en met die eerste lesers kon identifiseer. 

Noord-Korea is die afgelope nege jaar, eerste op die Wêreldranglys vir die land met die meeste Christen vervolging. “Nêrens in die wêreld is Christen vervolging so intens soos híér nie. Christene moet hul geloof só wegsteek, dat Christenouers nie eers hul geloofsoortuigings met hul kinders kan deel totdat die kinders oud genoeg is om die gevare daarvan te verstaan nie. Die besit van ’n Bybel kan jou dood veroorsaak. Honderde Christene is gedurende 2010 gevange geneem; sommige is na ʼn arbeidskamp gestuur of selfs doodgemaak. Ten spyte van al hierdie gevare, is die Kerk in Noord-Korea besig om te groei – na raming is daar ongeveer 400 000 Christene”. (Geopende deure).

Daar is byna 24 miljoen inwoners in Noord-Korea. Tussen 50 000 en 70 000 Christene word in arbeidskampe aangehou. Operation World (2010) beskryf die toestand in Noord-Korea: “The ‘Hermit Kingdom’ is a repressive nightmare, where the populace are kept ignorant of the outside world and forcibly indoctrinated into the bizarre doctrines and policies of the ‘Dear Leader’. He has made 70 bronze statues – and literally tens of thousands of other monuments … of his father Kim II-Sung, the Father in the twisted Cheondogyo trinity of Father, Son and Juche spirit” (Operation World).

Daar is 200  000 Koreaanse Christene wat in China skuil.  Tussen 70% – 90% van die Koreaanse vlugtelinge is vroue en word as seks-slawe verkoop. (Operation World)

Kyk na Noord-Korea, nummer 1 op de Ranglijst Christenvervolging
http://www.youtube.com/watch?v=r82GE9Lanos

Die land Noord-Korea is aan die kreun en smag om van die pyn en lyding verlos te word (lees Rom. 8). “The nuclear threat of this rogue nation is only surpassed by the nation’s great suffering and deprivation … With only 15% arable land, low yield from medieval  agricultural practises and regular floods caused by massive deforestation, more than three million have starved since 1994.”
Beveg kernterreur
2010-04-15 21:46

Dit is moeilik om die belang van die afgelope kernterreurberaad in Washington te oordryf. As dit die gewenste uitwerking het, kan dit die angel van een van die grootste teenswoordige bedreigings vir wêreldvrede trek.

Die gevaar van ’n kernoorlog tussen Amerika en Rusland is nou kleiner, ofskoon die opkoms van China, asook die wedywering tussen Indië en Pakistan, skerp dopgehou moet word. Die eintlike kernbedreiging kom nou van skurkstate soos Iran en Noord-Korea en terreurgroepe soos Al-Kaïda. Die bedreigings is veelvoudig. Eerstens kan die Iranse regering nie vertrou word nie.

Dan kan terreurbewegings, hetsy ’n kernbom of ’n “vuil” bom (’n gewone bom, volgepak met radio-aktiewe materiaal), na – sê maar – New York smokkel en daar laat ontplof. Om dit te beperk is internasionale samewerking die enigste oplossing en daarom is dié beraad gehou. Hopelik werp dit vrugte af.

– Volksblad

Map Korea

Die lyding van die Noord-Koreaanse Christene laat ons nie onaangeraak nie, (1 Petrus 5:9), “wanneer een lid ly, ly almal” (Paulus)

Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister Powerpoint

Preekriglyn in Argief