{ARGIEF}

Tweede Sondag in Koninkrykstyd ~ 2 Korintiërs 4:13-5:1 ~ GELOOF en VRYHEID VAN SPRAAK

Paulus se belydenis in vers 13 veronderstel die vryheid van spraak. Dis ‘n mensereg en dit word deur ons land se grondwet beskerm. Dis een van die hoekstene van ‘n ware demokrasie. In Paulus se tyd was dié vryheid misken, slawe, vroue en kinders is gesien, maar mag nie gehoor word nie. Paulus begrond sy “reg” deur sy geloof en nie op sy sosiale status nie (PvN Preekstudies, 2011-2012).

Ons land se vryheid van spraak en demokrasie kom met die nuwe wetsontwerp op die beskerming van Staatsinligting in gedrang. Dit bots met die gondwet se waardes van deursigtigheid en spraakvryheid.

Die regerende party se emosionele en rassistiese hantering van Brett Murray se “Spear” skildery laat selfs die ANC veterane se oë bekommerd rek en maak hul monde wawyd oop: Die president van die ANC se Veteraneliga, Sandile Sijake, sê die ANC se inmenging in die kunstenaar, Brett Murray, se omstrede skildery van president Jacob Zuma dui daarop dat die politieke situasie in die land veel te wense oorlaat. Sijake het op ‘n algemene raadsvergadering van die Liga in Polokwane gesê die ANC moes dat Zuma en Murray die kwessie self uitgepluis het, omdat dit eintlik niks met die regerende party te doen het nie. Die Liga se provinsiale voorsitter en LUR vir Landbou, Jacob Marule, sê op sy beurt die ANC het geloofwaardige leiers nodig. Marule sê daar is korrupsie in die regering omdat daar geen daadwerklike leierskap is om dit stop te sit nie. Volgens hom het die ANC vir sy volgende 100 jaar leiers van die gehalte van ondermeer Oliver Tambo nodig wat beslissend kan optree. (RSG Nuus, 8hoo nuusbulletin,  3 Junie 2012).

Geloof word gepraat. Gelowiges praat teen onreg en behoort nie die naakte waarheid toe te smeer nie, maar dit op ‘n volwasse wyse verantwoordelik te evalueer. Dit  beteken ‘n mens steek nie vas by Murray se naakte voorstelling van ons president nie, maar sien in die kunswerk die misbruik van mag by president Zuma raak (sien “Die Christen en kuns. ‘n Refleksie op vryheid en mag” in http://www.communitas.co.za/blogs/lewenswaardes-bakens/ menswaardigheid/ 2643-die-christen-en-kuns).

Geloof maak jou oë oop vir reg en geregtigheid. Paulus “maak die waarheid openlik bekend” ten spyte dat hy daagliks in lewensgevaar verkeer. Sy gees van die geloof, sy karakter (Grosheide) laat hom die belangrike dinge sê!

Terloops, ek probeer nie Murray se vryheid van uitdrukking met Paulus se uiting van geloof gelyk stel nie. Murray se “Spear” reflekteer iets van die situasie waarin ons land se mense verkeer, en waar ons Jesus se besliste oorwinning teen onreg behoort te modelleer, tot die finale vryheid in sy koninkryk realiseer.

Sanef het op Wêreld Mediavryheidsdag – wat vandag gevier word – gesê mediavryheid in Suid-Afrika word bedreig deur voorgenome wetgewing, vyandige politieke uitsprake en die optrede deur sommige senior staatsamptenare, het RSG berig.

Die joernaliste-organisasie sê wetsontwerpe soos die Wet op die Beskerming van Staatsinligting bedreig nie net mediavryheid nie, maar ook die demokrasie.

Sanef sê mediavryheid kan slegs floreer in ‘n omgewing waar openlikheid gekoester word, joernaliste nie geteister word nie en verskillende standpunte geopper kan word, het die radiostasie berig.

Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister Ppoint

GEEN Preekriglyn in Argief