{ARGIEF}

Dit is baie moontlik om in veranderde tye soos waarin ons leef, moed en perspektief te verloor en soms selfs aan jou geloof te twyfel.  (Volgens ‘n sekere model is die fases waardeur mens gaan in tye van verandering die van:  verlies, twyfel, ongemak. ontdekking, begrip, integrasie).  Om dan opnuut bevestiging te ontvang van wie en hoe jy is en hoe die Here die pad met jou loop, kan baie bemagtigend wees.  Daarvoor het ons in die eerste plek mense in ons lewens nodig (‘Only in the fellowship do we learn to be rightly alone. And only in aloneness do we learn to be in the fellowship”, Bonhoeffer). Mense wat ons geestelike en emosioneel kan optel.  Mense het ons ook nodig.  Ons het, in die tweede plek,  ook nodig om ons roepingsverhale en ons Godstories met ander te deel.  Dit is juis dit waaraan ons mekaar voortdurend moet herinner.  Dit kan in kleingroepe gedoen word, en in die erediens. 

In aansluiting by bogenoemde is die doen-tema. God gee ons genadegawes waarmee ons moet woeker (dink maar aan die gelykenis van die talente).  Paulus gebruik die beeld van die vuur wat ons moet aanblaas.

Jy sal weet as jy al self ‘n vuur wat sy warmte verloor het en aan die doodgaan is moes lewe gee, dat daar nie net een manier is om dit te doen nie.  Soms is sulke kort vinnige blase nodig en soms ‘n diep teug wat stadig maar konstant uitgeblaas word.  Jy moet soms ook tevrede wees met die as wat opdwarrel en op jou gesig neersif.  Jy doen dit, want jy het ‘n vuur om aan die gang te kry.  ,n Taak om te verrig.

Hoewel die Gees ons daartoe bemagtig (vers 7), is daar geestelike gewoontes / dissiplines wat ons kan help om God se warmte te ervaar en te versprei. Scazzero (Emotionally Healthy Spirituality, p169–210) praat  van ‘n rule of life en gebruik die beeld van ‘n raamwerk waarteen rankplante kan vasklou. Hierdie rule of life is geestelike gewoontes soos; gebed, wandel in die Woord, stilte en afsondering, rus, eenvoud, kreatiwiteit, aktiwiteit, ens.  Van die gewoontes word in stilte en alleenheid beoefen, maar ons het ook die gemeenskap van die gelowiges nodig vir aanmoediging en verantwoordbaarheid.

Dit klink of Paulus baie seker is van sy roeping en die rolle wat hy moet uitleef.  Hierdie sekerheid maak hom gemotiveerd en entoesiasties. 
Vaagheid oor my roeping en ‘n voortrol van dag tot dag sonder enige nadenke kan die motivering om as gestuurde van die Here te leef, heeltemal verdof.  In die tyd waarin ons leef ervaar ons na alle waarskynlikheid nie soveel vervolging en lyding soos Paulus en Timoteus nie.  Die groter gevaar is die verbruikersmentaliteit en sekularisme  waarmee ons gekonfronteer word. 

Duidelike roepingsbesef, herkenning van my gawes en die identifisering van my rol as gelowige, kan die evangelie weer met nuwe energie waar maak. 
Vrae in die verband om te vra is: Hoeveel Kerkrade gaan sit met hule dominees en praat oor roeping en rolle/.  Gelowiges bemoedig mekaar maar hoeveel ‘konfronteer’ mekaar met hul roeping en rolle?  Leef ons werklik onderskeidend?

Pierre Goosen

Seisoen van Luister Powerpoint

Geen verdere preekriglyne in argief