{ARGIEF}

Wanneer Paulus se argument só verstaan word, dan is dit as’t ware ’n handleiding vir hoe ons na buite moet leef – byvoorbeeld, met onvoorwaardelike liefde vir die naaste, in mededeelsaamheid en sonder oordeel. Dit is hierdie eienskappe wat die nuwe mens behoort te kenmerk.
In ‘n era van menseregte, diversiteit, xenofobie en polarisasie, is dit daarom krities belangrik om te weet dat die kruis nuwe waardes vir ons saamleef met ander beklemtoon – waardes soos vreedsame naasbestaan, menswaardige behandeling van die ander, die gee van tweede kanse asook om medebesorgd te wees. (Daarom word Israel se aanval op die noodlenigingskip sterk veroordeel)

Die uitleef van hierdie waardes is ‘n gevolg van die innerlike verandering wat geloof in Jesus Christus meebring. Dis daarom dat die kruis nie ‘n uiterlike teken vir roem is nie, maar ‘n bewys is van ‘n spiritualiteit wat deur die gesindheid en natuur van Jesus gedryf word, en daarom vrug in ons lewe-na-buite moet dra. Inhoudelik is dit ‘n godsdiens/geloof wat grense van enige vorm, moet deurbreek. (Hier kan verwys word na voorbeelde soos die ekonomiese ongelykheid tussen ryk en arm, asook die belang van taal, ras en kultuur en hoe maklik grense hierdeur geskep word. Natuurlik moet sulke grense, waar dit bestaan, deur geloof in Jesus en die kruis afgebreek word.)    

Donald Katts

Preekriglyn in Argief