{ARGIEF}

“The 32-year-old was driven in and out of the downtown Oslo courthouse wearing a red pullover, after the judge dismissed his bid to court publicity by wearing a military uniform three days after he shot dead 86 people on Utøya, shortly after unleashing the deadly car bomb in Oslo that felled eight.” (M & G 2011-07-95)

Om die vrees te besweer beweer die verdagte dat hy ‘n netwerk van terreur geskep het om die toestroming van immigrante te keer.( lees meer hieroor by http://mg.co.za/article/2011-07-25-norway-suspect-i-have-created-a-network-of-terror ) Van die Noorweegse polisie verwys na die verdagte as ‘n “madman” en tog dra hy in hom die vrees vir die vreemdeling wat tiperend is van baie mense in Europa. Die Duitse kanselier Merkel reageer so op die voorval: “‘Hatred of others, hatred of those who look different, of the supposedly foreign – this hatred is our common enemy,’ German Chancellor Angela Merkel said on Saturday. ‘All of us who believe in freedom, respect and peaceful coexistence. We all must confront this hatred'” (lees meer by http://capeargus.newspaperdirect.com/epaper/viewer.aspx)

Op ‘n manier herinner die verskrikking van die insident ons aan die vrees wat ons daagliks in ons dra.

In Brittanje is Amy Winehouse se dood hoofnuus. Die BBC berig: “The Brit and Grammy award-winner had struggled with drink and drug addiction for many years and had recently spent time in rehab.

But police have declined to say whether her death was drug-related.

The singer, who topped the charts with her album Back To Black, was found dead by a member of her security team.” (lees meer by http://www.bbc.co.uk/news/entertainment-arts-14285327)

Amy was 27 jaar oud sy het meer as 4 miljoen CD’s verkoop, 23 toekennings ontvang, waarvan 5 Grammy’s. Haar familie is sprakeloos.

In ons eie pers is dit nie moeilik om die vrees agter byna elke storie raak te sien nie – lees gerus vandag se koerant met hierdie bril op.

In Gen 32 lees ons ook van ‘n man wat bang was – die preekstudie van die week gee ‘n baie deeglike eksegetiese en kontekstuele verduideliking van die vrese waarmee Jakob rondgeloop het, en op ‘n manier van probeer vlug het. Maar dit gaan verder, die verhaal vertel ons van ‘n worsteling wat hy gehad het, ‘n fisiese worsteling met God self, wat hom uiteindelik mank laat maar ook met ‘n nuwe naam, lees identiteit. Daarna kon hy sy broer Esua ontmoet en in versoening saam eet.

Dit is interessant dat die ontmoeting met God ‘n worsteling was, wat Jakob mank laat en tog vrymaak van sy vrees.

Hoe sou dit wees indien die beweerde Noorweegse massamoordenaar so ‘n ontmoeting kon hê, waarin hy kon worstel met die vrese in hom, wat dit kon ontbloot sodat hy(ons) nadat ons deur die drif is, saam kan eet met hulle vir wie ons bang is? Indien ons sou voortgaan om gemotiveer te word deur vrees, versprei ons terreur wetend of onwetend. Dalk het ons ‘n nuwe ontmoeting met God nodiger as wat ons besef, want by wie anders kan ons worstel met ons diepste vrese?