{ARGIEF}

Pinksterfees ~ Sondag 23 Mei 2010: Joh 14: 8 – 17 (25 – 27)

Die lees hiervan herinner ons aan die laaste familiesake voordat ‘n gesinshoof vertrek (sterf). Die gissinge en agter -die- hand -gepraat het al lankal begin. Die onsekerheid wat angstigheid word, dring dan almal wat ‘n belang het, om die amper heilige dinge, reguit te vra. Miskien is daar nie meer ‘n geleentheid nie, dan bly hulle in die duister of verbeur hulle ‘n voordeel of voorreg.

So word Jesus ingevra. Van hoe die Vader regtig lyk tot wat van hulle gaan word. Jesus laat hulle met niks in die duister nie, en stel hulle in alle opsigte gerus. Hy deel ook met hulle sy voorsiening van alles wat hulle nodig sal kry om hulle opdragte uit te voer en, selfs groot dinge te doen! Juis deur die groot dinge te doen, sal die Vader verheerlik word. Hulle word ook gerus gestel dat God altyd by hulle sal wees, en hulle sal altyd kan reken op Sy leiding. In die nuwe bedeling dan deur Sy Gees.

Nadat Hy dit alles met hulle gedeel het, is hulle gerus dat die Christen-familiesake veilig is en hulle belange gewaarborg is. Boonop word hulle verseker van Sy vrede. Nie meer onsekerheid en angs nie. Hulle kan in vrede leef en uitgaan.

André Olivier

Seisoen van Luister Powerpoint

Verdere riglyn in preekargief oor Joh 14:8-17