{ARGIEF}

6 Mei 2012 ~ Vyfde Sondag van Paastyd ~ Joh 15:1-8

Die volgende ware verhaal word vertel in Joan Chittister se Welcome to the Wisdom of the World.
Naby Lake Erie het ‘n diensorganisasie ‘n sopkombuis aan die gang gehad.  In die bitter koue het baie hawelose  mense na die plek gekom om natuurlik iets warms te ete kry, maar om ook hullle self by verwarmers “ontvries” te kry.

Die mense wat meer permanent daar diens gelewer het, het gewoond geraak aan ‘n man, geklee in ‘n lang swart jas, wat dikwels vrywillige werk daar kom doen het. Soms gehelp om swaarder voorrade rond te skuif, soms net ingestap en ‘n koevert met geld daar gelaat, nooit veel gepraat nie.  Op die spesifieke dag het hy gehelp met die opskep van die sop en brood.  Klaar daarmee, op pad na die voordeur, sien hy ‘n man wat teenaan ‘n verwarmer sit met somer-plakkies aan sy voete waarmee hy die bevrore aarde moet aanvat.   Net daar trek die man sy skoene uit, gee dit by die toonbank vir die suster om vir die hawelose man te gee en stap op sy sokkies by die deur uit – die koue in.

Die suster roep agter hom aan: “ You can’t go like that, it’s cold out there”, waarop hy antwoord: “I know, that’s why I left them”.

Daar is baie sulke verhale van onbaatsugtige liefde deur mense van alle kleure en geure.  Trouens, Karen Armstrong  – skrywer van oa  A History of God en stigter van die Handves van Erbarming, wys daarop dat hierdie Goue Reël soos ‘n goue draad deur al die godsdienste van die wêreld loop.  (Vgl die artikel in By van 24/3/2012, Die Goue Reël vir Oorlewing)

Wat maak die vrugte van die Wingerdstok van Joh 15 dan nou anders as net nog goeie werke?  En hoekom is die loot, die geesvervulde christen-gelowige nie maar net nóg ‘n filantroop nie?

Want die vrug wat jy dra, is nie om van jou ‘n goeie mens te maak nie, maar om God te verheerlik.

Pierre Goosen

Seisoen van Luister Powerpoint

Preekriglyn in Argief