{ARGIEF}

Jesus omhels alle mense van stand, kleur, gender en seksuele oriëntasie. Jesus is nie anti-familie nie! Die kerk word dan as familie van God (Efesiërs 2:19) – ‘n nuwe, alternatiewe familie/huishouding uitgebeeld. Jesus meen egter dat Sy volgelinge deur meer as menslike faktore saamgebind word, ons is een deur Sy bloed. Geen sterker band bestaan nie!

Christenwees kos meer as wat mens dink. Diskriminerende houdings word deur Jesus afgewys. Dit vra ‘n besinning oor die regverdiging en instandhouding van onder andere ons kulturele bande, gewoontes, gesindhede en gebruike; na alle waarskynlikheid vra dit dat jy afstand daarvan moet neem, jouself ontledig om soos Jesus met nuwe oë na jou naaste en dinge te kyk en waardegedrewe verhoudings aan te knoop. ‘n Egte verhouding met Jesus sluit ‘n bevrydende houding teenoor mens en materie in, met ander woorde enigiets of iemand wat jou bind word in Jesus naam ontbind, eers dan is jy vry om soos Jesus, jouself – jou nuwe self, vir ander te gee.

‘n Mens sou die aktuele saak van trou n.a.v. die fokusteks in her-oënskou kan neem. Die Westerse kulturele huwelik met sy androsentrisme waarvolgens die man die norm is, en die vrou as minderwaardig tot die man beskou word en hom moet aanvul, (sien Annelie Botha & Yolanda Dreyer: Demistifikasie van die metafoor “die kerk as bruid”) word met die betekenis van Jesus se uitspraak (vers 26) gekonfronteer. Lees gerus ook “Kan ons nie maar net saambly nie?” (Chris Jones red.).

“Kultuur is ’n gewilde dekmantel vir die ondermyning van vroue se regte, want wit en swart progressiewes kan maklik daarmee stilgemaak word” (sien artikel van Christi vd Westhuizen by Die Burger – skakel en uittreksel volg hierna); volgelinge van Jesus se populêre bande, soos hul gesin/familie, volk tradisies, ideologieë en besittings kan Jesus se goeie nuus vir almal ondermyn.

Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister Powerpoint

Geen verdere preekriglyne in die Argief nie

Die politiek agter poligamie

Christi van der Westhuizen

‘n Jaar of wat gelede het ’n “gentleman’s club”, oftewel ’n klub waar vroue hul klere teen betaling vir mans uittrek, reklameplakkate by bushaltes in Kaapstad laat aanbring. Die ten toon gestelde trekpleister was ’n stereotipiese rangskikking: ’n groepie opgesmukte vroue staangemaak om ’n sentraal-geplaaste, sittende man, kompleet met ’n dik sigaar tussen sy vingers. Daar was al hoeveel flieks waarvan die bemarkingsplakkate soortgelyke beelde voorgehou het, soms tong-in-die-kies, maar meestal nie. En elke vyfde popmusiek-video op MTV of VH1 wys ’n manlike kletsrymer met goue ringe, kettings en tande, omring deur ’n krans stralende vroue in verskillende stadiums van ontkleding. 

Lees verder