{ARGIEF}

16 Oktober 2011 ~ Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd

Verder geluister: Mat 22:15-22

Ian Nell se eksegese en preekvoorstel rakende hierdie teksgedeelte is baie goed en kan met groot vrug gebruik word.

Hier gaan stilgestaan word by goeie dinge wat die regering die afgelope jaar/jare met onder andere belastinggeld in plek gekry het – en waardeur sodanige milieu geskep is, dat daar ook ander suksesse behaal kon word. Daar is soveel negatiewe beriggewing rakende ons land in die media, en natuurlik is alles nie reg in Suid-Afrika nie, maar daar ís ook positiewe dinge wat nie gering geag moet word nie. Hier volg ‘n klompie, daar is nog vele ander! Dis die moeite werd om aan die keiser te gee wat hom toekom.

Polities

  • Volgens die “Open Budget Index” het SA die mees deursigtige begroting in die wêreld.
  • SA is die enigste Afrika land deel van die G20.
  • Die “Freedom Institute” sê SA is die 29ste mees demokratiese land uit 150 lande.
  • Volgens die “Global Competitiveness Report 2011” is SA se grootste verbetering oor die afgelope jaar, die aanspreek van misdaad, asook die aanspreek van gegradueerdes wat die land verlaat, regeringskuld en dan belasting effektiwiteit.

Ekonomies

  • SA se inkomstebelasting het toegeneem van R100 biljoen in 1994 tot R640 biljoen in 2010. 
  • SA se aandelebeurs het in 2010 met 16.09% gegroei – 8ste beste uit die G20 lande en die beste uit die G7 lande.
  • SA is nr 1 in die wêreld wat betref oudit en verslagdoening – “Global Competitiveness Report”.
  • Die SA Rand was die 2de beste geldeenheid-presteerder teen die VSA dollar tussen 2007-2011 – “Bloomberg’s Currency Scorecard”.
  • SA is die 12de beste ekonomie uit 134 lande – voor ontwikkelde lande soos die VK, VSA, Kanada, Australië en Frankryk – “World Economic Forum’s Global Gender Gap Report 2010”. 
  • SA word onder die top 20 lande ter wêreld gereken wat landbou-uitsette betref.

Toerisme

  • Die hoeveelheid toeriste wat SA besoek, het gegroei van 3.9 miljoen in 1994 tot 11.3 miljoen in 2010. SA word onder die top 5 lande ter wêreld gereken wat die groei in toerisme betref. Dit is 3 keer meer as die globale gemiddeld.
  • Kaapstad is vroeër vanjaar gereken as die top toerisme bestemming in die wêreld – “Traveller’s Choice Destinations awards 2011”.
  • OR Tambo is die beste lughawe in Afrika. Gedurende 2010/11 is dit gereken as een van 3 lughawens wêreldwyd wat die beste opgradering ondergaan het – “World Airport Awards 2010/11”.
  • 27 Suid-Afrikaanse strande geniet blouvlag-status (2010).

Sport

  • SA is die eerste Afrikaland wat die FIFA Wêreldsokkerbeker aangebied het. Slegs 2de land in die wêreld wat krieket, sokker en rugbywêreldbekers aangebied het.

 Opvoeding/Onderwys

  • SA het 30 000 skole – 7 000 hoër- en 23 000 laerskole. In 1994 het 12 000 skole elektrisiteit gehad, vandag is dit 24 000!
  • Unisa is die grootste tersiêre afstandonderrig universiteit in die wêreld – met 300 000 studente.
  • SA se leerder-onderwyser ratio het verbeter van 1:50 in 1994 tot 1:31 in 2010.
  • 61% van laerskoolkinders en 30% van hoërskoolleerders in SA ontvang gratis kos as deel van die skole voedingsprogram.
  • Universiteit Stellenbosch is die eerste Afrika universiteit wat ‘n mikro satelliet ontwerp en lanseer het.

Omgewing

  • In 1991 het SA die eerste land in die wêreld geword wat volle beskerming van die groot witdoodhaai binne sy gebiedswaters ingestel het. VSA, Australië, ea het later ons voorbeeld gevolg.
  • Johannesburg is tweede beste stad in die wêreld wat betref die hantering van omgewingsuitdagings in stedelike ontwikkeling.

Maatskaplik en infrastruktuur

  • Die hoeveelheid Suid-Afrikaners met toegang tot skoon drinkwater het van 62% in 1994 tot 93% in 2011 toegeneem. Elektrisiteitstoegang het toegeneem van 34% in 1994 tot 84% in 2011.
  • Sedert 1994 is 435 huise elke dag vir arm mense gebou.
  • Kaapstad en Johannesburg word onder die top 100 mees leefbare stede wêreldwyd geag.
  • SA word 34ste uit 192 lande beoordeel in terme van infrastruktuur.

Enkele ander sake

  • SA huisves een van die 3 grootste teleskope in die wêreld – Sutherland
  • SA is tot op datum die enigste land in die wêreld wat kernwapens vervaardig het én sy kernwapen program vrywillig en volledig afgetakel (“dismantle”) het.

Lekker preek. Mag dit ‘n positiewe ervaring wees! 

Chris Jones

Seisoen van Luister Powerpoint

Geen verdere Preeksketse oor Matt 22 in Argief