{ARGIEF}

Die beskouing van God se mag het ‘n effek op die manier waarop die mens die wêreld en hom/haarself sien en andersom. “The way in which we conceive God and the way we speak of God have real consequences in the realm of human affairs” (Case Winters in God’s power: Traditional Understandings and Contemporary Challenges, 1990). Wanneer die mag van God as dominerend en kontrolerend beleef word, kan dit tot ‘n magdom probleme lei: soos die verdwyning van menslike vryheid (Case Winters).

President Zuma se openbare geloofbelydenis klink arrogant, dit getuig van kontrole, mag, manipulasie en beheer. Hetsy pastoor of president ek sien rooi ligte flikker. Sy beskouings van Goddelike mag, sy teologie, veral in die politiek, sy ideologie, dit is nou sy “iteologie”, ek bedoel etologie lyk gevaarlik.

So skryf Wilhelm Jordaan in Die Burger van 17 Februarie 2011 hieroor:

Is Zuma in ‘n preekstoel of in die presidentstoel?

Pres. Jacob Zuma se optrede herinner al hoe meer aan dié van koning Hendrik VIII, en dít is nie net oor hul baie vroue nie.

Met sy uitlatings dat ‘n stem vir die ANC jou in die hemel sal kry en dat jy in die hel sal braai as jy vir die opposisie stem, beroep hy hom op die Middeleeuse idee van die goddelike regeerreg van konings.

Lees verder in Die Burger

Ons vier egter Pinksterfees. Waar die Heilige Gees beweeg keer ons denke, houdings en aksies om. In Jesus word die liefde vir mag in die mag van liefde verander.

Seisoen van Luister PowerPoint

Vorige riglyn in die Leesrooster argief