{ARGIEF}

Pasop vir ’n manlike Godsbeeld. Waak teen die koppeling van geloof in God en geweld, waarsku die Anglikaanse Kerk in Engeland sy lidmate onlangs. Volgens Kerkbode het die kerk dit daaroor dat ’n manlike Godsbeeld mans kan aanstig tot gesinsgeweld. Geestelike leiers in die kerk het nuwe riglyne ontvang om te voorkom dat mans hul vrouens slaan. Te veel mense beskou die Bybelse God en die Christelike tradisie as potensieel onderdrukkend, meen die kerk. Veral die gewelddadige aksies wat in die Ou Testament aan God toegedig word, het volgens die waarskuwing versigtige uitleg nodig…. Vir geloofsgemeenskappe – alle geloofsgemeenskappe – beteken dit selfondersoek, veral omdat die meeste Suid-Afrikaanse burgers hul geloof in ’n God erken of bely. Geloof veronderstel ook die bevordering van moraliteit. Die algemene sinode van die NG Kerk het hom daartoe verbind om alles in sy vermoë te doen om by te dra tot die genesing van ’n misdaadgeteisterde samelewing. Sy lidmate word daaraan herinner dat niemand ’n vinger na ander kan wys as sy/haar persoonlike integriteit en optrede nie onbesproke is nie. Reg genoeg, maar dié verslag gee nie aandag aan die moontlike invloed van geloofsbeskouings op geweld en misdaad nie. Christen-ekstremiste, Joodse reaksionêre en Islamitiese fundamentaliste word deur hul geskrifte tot geweld geïnspireer. Watter invloed het gewone mense se geloof (in my konteks die Christelike geloof) op hul daaglikse handel en wandel? …

Die meeste stories in die Bybel wat God aan geweld koppel, moet deur die kulturele bril van die Bybelskrywers gesien word. Die mense van die antieke tye het geglo God of die gode het ’n rol in alle gebeure. Die Ou Testament het bestaan uit ’n rykdom van aanhalings uit ou bronne soos die Boek van die oorloë van die Here, soos Numeri 20:14-15 aandui. Wanneer die skrywers nie die ou bronne gebruik nie, lyk hul prentjie van God anders. Dan lees ons van God se deernis en ontferming soos “God sorg dat die weduwees en weeskinders regverdig behandel word en Hy het mense van ander volke ook lief en gee vir hulle kos en klere” (Deuteronium 10:18). Klaus Nürnberger skryf oor die geweld en misdadige tendense in die Bybel “ons kan en mag dié uitsprake nie verdedig net omdat dit in die Bybel staan nie. As ons God se liefde wil uitleef, kan ons vandag beslis nie meer sulke taal gebruik en sulke sienings handhaaf nie.

“As ons sulke beskouings in die Bybel nie aan kritiek mag onderwerp nie, kan ons ook nie die vrymoedigheid hê om dit in die hedendaagse lewe te doen nie.” God word telkemale in die Bybel met ’n moederhart en vroulike eienskappe uitgebeeld, soos die Gees wat “geboorte gee” en God wat “wonde genees”, “versorg” en “troos”.  Ek dink ons moet meer en meer God se moederhart ontdek, integreer en illustreer. Dit is belangrik dat mense God se sagte, strelende hande van liefde, deernis en genesing beleef en dat ons dit uitleef. Christene – en ander geloofsgroepe – kan ’n verskil in ons misdaadgeteisterde land maak deur oor God se moederhart te getuig.

“Often I have asked friends to give me their first impression of Rembrandt’s Prodigal Son. Inevitably, they point to the wise old man who forgives his son: the benevolent patriarch.

“The longer I look at ‘the patriarch’, the clearer it becomes to me that Rembrandt has done something quite different from letting God pose as the wise old head of a family. It all began with the hands. The two are quite different. The father’s left hand touching the son’s shoulder is strong and muscular. The fingers are spread out and cover a large part of the prodigal son’s shoulder and back. I can see a certain pressure, especially in the thumb. That hand seems not only to touch, but, with its strength, also to hold. Even though there is a gentleness in the way the father’s left hand touches his son, it is not without a firm grip.

“How different is the father’s right hand! This hand does not hold or grasp. It is refined, soft, and very tender. The fingers are close to each other and they have an elegant quality. It lies gently upon the son’s shoulder. It wants to caress, to stroke, and to offer consolation and comfort. It is a mother’s hand…. “As soon as I recognized the difference between the two hands of the father, a new world of meaning opened up for me. The Father is not simply a great patriarch. He is mother as well as father. He touches the son with a masculine hand and a feminine hand. He holds, and she caresses. He confirms and she consoles. He is , indeed, God, in whom both manhood and womanhood, fatherhood and motherhood, are fully present. That gentle and caressing right hand echoes for me the words of the prophet Isaiah: “Can a woman forget her baby at the breast, feel no pity for the child she has borne? Even if these were to forget, I shall not forget you. Look, I have engraved you on the palms of my hands.”

ANC het ‘geen respek’ vir wat gelowiges na aan hart lê – VGK deur Jacob Rooi in Rapport 2011-02-12

Die ANC kan stemme in die munisipale verkiesing verloor weens pres. Jacob Zuma en ander ANC-lede se omstrede uitlatings oor geloofsake, soos die president se onlangse uitlating dat net ANC’s hemel toe gaan.

Leiers van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), met meestal bruin en swart lidmate, het Vrydag hul stem hieroor in ’n sterk bewoorde verklaring laat hoor.

Die VGK het gesê in ag genome Zuma se woorde moet sy lidmate dink of hulle wil stem vir ’n party wat nie hul geloof respekteer nie.

Ook opposisiepartye het Zuma gelooi. Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het húl reaksie as kinderagtig beskryf.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het ook aangedui hy wil met Zuma vergader oor sy “problematiese” uitlatings.
Zuma sou luidens berigte gesê het: “Wanneer jy vir die ANC stem, kies jy ook om hemel toe te gaan.

“As jy nie vir die ANC stem nie, moet jy weet jy kies ’n man wat ’n vurk dra (die duiwel)?… wat mense kook. Wanneer jy daar bo (in die hemel) kom, word daar verskillende kaarte gebruik, maar as jy ’n ANC-kaart het, gaan jy hemel toe.”

Behalwe dié uitlating het ds. Daniël Kuys, woordvoerder van die uitvoerende raad van die algemene sinode van die VGK, verwys na vroeëre uitsprake deur ANC-hooggeplaastes. Hy noem mnr. Ace Magashule, Vrystaatse premier, wat in 2008 gesê het Zuma het tydens sy hofsake soos Jesus gely.

Volgens Kuys beledig Zuma die kernbeginsels van die Christelike geloof. “Die ANC het duidelik geen re­spek vir wat ons as gelowiges na aan die hart lê nie. Ons doen ’n beroep op die president en die ANC om nie godsdiens vir goedkoop politieke doeleindes te misbruik nie.”

Hy het aan Morné van Rooyen gesê die kerk wil allermins aan sy sowat 1 miljoen lidmate voorskryf vir wie hulle moet stem.

“Ons sê net mense moet hul gewete voor God ondersoek met inagneming van wat hier aangaan. Suid-Afrika het morele kiesers nodig wat op morele gronde stem en nie soos skape blindelings agter die trop aanloop nie.”

Kuys het gesê Zuma moet Christene om verskoning vra omdat hy aangestel is oor ’n nasie met baie gelowe.

Terloops, Pres. Zuma se geloof uitsprake laat my wonder of hy nie Psalm 131 anders sou wou  lees nie. Iets soos

Psalm 131 Stormig en onrus         

‘n Oorwinningslied. Van Jacob    

1) My hart is hoogmoedig; Here;        

en my oë is trots.                

Ek bemoei my met wat te groot

en te moeilik is.

 

2) Maar ek is stormig en vol onrus,         

soos ‘n tienerseun by sy vader pak kry,    

so is my gemoed.                

 

3) ANC, hoop op sigself,             

nou en vir altyd.

Psalm 131 Kalmte en rus

‘n Pelgrimslied. Van Dawid

My hart is nie hoogmoedig nie, Here;

en my oë is nie trots nie

Ek bemoei my nie met wat vir my te

of te moeilik is nie.    

 

Maar ek het kalmte en rus gekry,

soos ‘n kindjie by sy moeder rus,

so is my gemoed

 

Israel, hoop op die Here,

nou en vir altyd. (NLV)