{ARGIEF}

  • Maar dan onderskryf Johannes se verhaal dit onomwonde dat sig en sien wél tot geloof kan lei – of dat sig/sien dit immers makliker maak om te glo. Sig/sien speel ‘n rol in die vorming en kweek van ons geloof – “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.” Die gedagte van die belang van sig/sien word verder versterk deurdat hierdie hoofstuk ook eindig met die klem op sig: “As julle blind was, sou julle nie skuldig gewees het nie; maar nou sê julle: Ons sien. Daarom bly julle skuldig.”
  • Ons moenie net tyd neem om Jesus te sien vir wie Hy is nie, naamlik as die Seun van God, die Messias en Redder van die wêreld, die Lam gelei ter slagting, en Vergewer van sonde nie. Ons moet ook let op die geloofskarakter wat óns ten toon behoort te stel. Paulus se vermaning is hier van toepassing: “Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra” (Fil.2:15c). As Christene en belydende lidmate weet ons dat Christus iets (bekering/wedergeboorte) van God se werk in ons kom doen het. En dít moet sigbaar word sodat ander dit kan sien en Jesus daardeur kan leer ken vir wie Hy is.
  • Sodat ons hulle, in die mate wat ons kan, sal help glo. Daarom is dit belangrik dat ons woorde en dade mekaar nie sal weerspreek nie, maar eerder aanvul en harmonieer. (Hier kan die lewenskets/aanhalings van mense soos Moeder Teresa, pres. Mandela en ander bekendes help om die boodskap te belig). Verskeie christene in leiersposisies is al gepootjie deur goed wat hul in die openbaar gedoen/gesê het. Sodoende is hul geloofskarakter baie skade berokken, en het dit mense tot twyfel en ja, selfs tot ongeloof gestem. (Ook hier kan voorbeelde binne die kerk, maar ook uit die openbare publieke lewe aangehaal word.)
  • “Dis na volwassenes wat kinders opkyk vir voorbeeld en leiding”, het iemand gesê. Maar wat sien hulle? In ons moreel vervalle samelewing moet ons deurgaans onthou dat moraliteit juis ook aangeleer word deur na ander te kyk. Iemand anders sê: “Morals are caught, not taught!” Deur die voorsiening van genoegsame rolmodelle, geestelike voorbeelde en morele inspireerders, kan ons help om die gety van immoraliteit, geweld, misdaad, mishandeling van veral vroue en kinders asook alle vorme van onverantwoordelikheid, te stuit en selfs om te keer. As Christene moet ons genoeg van die wonder van God se werk in ons demonstreer en vergestalt, sodat ander tot die punt kan kom om te sê: “Ek glo”.
  • Daar is een riglyn in die argief van die leesrooster.org.za: Johannes 9_1-41.htmDie Seisoen van Luister PowerPoint kan hier afgelaai word: Johannes 9:1-41.ppt