{ARGIEF}

Benutting van die Luistersiklus tydens Ringsvergaderings:

Die hele ringsitting kan in die vorm van die Luister-siklus ingerig word. Die  agenda word dan opgeneem in die bewegings van RUS, HOOR en LEEF.  Die Ringsitting is dus ‘n byeenkoms waar ons saam tot rus in  die teenwoordigheid van God. Onsself afsonder om na die Woord en mekaar te luister en bewus te word van die bewegings van die Gees.

 

Beweging 1 Rus

Hierdie beweging is belangrik vir Ringe om onder mekaar vertroue te skep!  Dit is in wese ‘n beweging uit die gejaag van ‘n “besigheids” vergadering na ‘n vergadering waar daar bewustelik in die teenwoordigheid van God besluite geneem word.  Indien ons nie genoeg tyd en ernergie hier spandeer nie, is die gevaar dat res van die vergadering  plaasvind sonder dat daar genoeg gewerk is aan die onderleinge vertroue en die bewuste teenwoordigheid van God.

Stasie 1  Ingenooi deur God

Kerklike vergaderings is dikwels nie veilige ruimtes waar ons werklik in gemeenskap met mekaar kan wees nie. Om ingenooi te word deur God, beteken vir Ringe om as afgevaardigdes, ingenooi te word om ‘n gemeenskap van gelowiges te word.

Voorstelle:
  • Gee hier geleentheid om bors skoon te maak. Om inderwaarheid “op-te-daag” by die vergadering. Dink aan vrae soos: Waar is ek nou in my lewe?
  • Fokus op die bevestiging van mekaar en wees bedag daarop om mekaar nie te beskaam nie.
  • Maak tyd om saam te kuier en deel wat julle waardeer in mekaar.
  • Moet kreatief hieraan werk. Probeer om sitting te hou by ‘n kampterrein om afsondering te benut. Die regte omgewing bou gemeenskap. BV. Ring van Tulbach: Saam met VGK, eers eie sake en tyd saam. Oggend stil geword op die koppie naby die vergaderplek. Het groep saamgebind. Begin daarna met al die stukke van sinode in oggend. Middag vir Pierre Goosen gevra: Vertel – 1. Waar sien ons die Here werk? 2. Ds. skryf oor hulle werk. Wat lees jy, hoe ontspan jy. Waarmee sukkel julle? Nie bedreigende vrae wat dei gesprek oop en vielig gemaak het.
  • Nog ‘n vorbeeld: Ring kan besluit op watter waardes vir hulle NB is. Toets hulleself aan daardie waardes.

In die beplanning van die vergadering kan julle julleself afvra wat die gehalte van die onderlinge verhoudings in die Ring is.  Indien die vertroue onderling laag is, mag dit belangrik wees om tyd te spandeer om weer te leer om mekaar te vertrou. Indien die Ringsitting ‘n gesamntlike Ringsitting met die VGK is word dit nog belangriker.

Stasie 2 Ingegaan in God se tyd

Afsondering as geestelike dissipline is belangrik waar ons oa die dissiplines van stilte kan be-oefen. Ringsittings kan ook deel wees van ‘n Sabats-rus waar ons rus van al ons gemeentelike en kerklike programme om in die teenwoordigheid van God van God ‘n agenda ontvang en nie net voort te storm met ons eie agenda’s nie. Hierdie stasie help ons om oor te skakel van ons eie missie na Missio Dei. Wanneer ons ingaan in “God se tyd” is die fokus nie meer op wat ons doen nie maar op wat God reeds besig is om te doen. In die beplanning vir die Ringsitting kan julle dink oor die vraag of die Ringsgemeentes ‘n gejaagde jaar agter die rug het of nie. Indien die antwoord Ja is, moet julle dalk oorweeg om baie te maak van hierdie stasie.

Voorstelle:
  • Gebruik simboliek bv aansteek van ‘n kers, of die simboliek van die seisoen van die kerkjaar
  • Doen saam ‘n ontspanningsoefening deur bv te fokus op ons asemhaling – sodat ons fokus kan wegskuif van onsself na ‘n fokus op God.
  • Gee ruim tyd vir stil gebed lofprysing sodat ons kan beweeg van kronos-tyd na kairos-tyd met ‘n bewussyn van God se teenwoordigheid.
  • Oorweeg dit om ‘n geestelike begeleier vir die Ring te kry wat nie deel is van die Ring nie en wie se werk dit is om die Ring te begelei tot ‘n bewussyn van die teenwoordigheid van God.

Beweging 2  Hoor

Stasie 3 Luister na die Woord
Wandel in die Woord of Lecio Divina kan hier gebruik word as metode.

Wees bedag daarop om nie die Woord hier alleen te lees as ‘n bron van inligting nie maar ook as ‘n Formatiewe teks wat na ons toe kom om ons te verander.

In die werkswinkel het ons in Hand. 20:25-32 gewandel en onsself afgevra. Ons gee hier die terugvoer wer as voorbeeld van hoe daar uit die Wandel in die Woord tyd gegee kan word om gedagtes uit te ruil wat die brug slaan na die agenda van die vergadering.  Die brug word geslaan deur ‘n “Gods-vraag” te vra soos bv:

Wat het die Gees vir ons gesê in ons gesprek vanoggend?

Die volgende terugvoer het uitgekom:

  • Ons is vir altyd in prosesse.
  • Geen perfekte situasie.
  • Ontspan want dit was altyd so.
  • Die Woord bly magtiger as die mislukkings.
  • Klein-Asië se gemeentes bestaan nie meer. Wat wil die Gees vir ons sê ivm resultate?
  • Waar lê die basis van vertroue. Wys nie na self, maar na Woord en die Here.
  • Bewus van probleme, maar Hy in beheer.
  • Ons verwag soms resultate, maar Here s’n dikwels anders.
  • Hoe help dit ons met gevoel van mislukkinng?
  • Ons het gesprek gevoer oor ervarings van mislukkings: Bv. Uitreik na Albanië. Moes kerk toemaak daar. Was nie suksesvol. God se plan soms anders. Konvent tot niet, ds. brand uit.
  • Het Efese ag gegee op die waarskuwing van Paulus? Wat was die rede vir tot niet gaan?
Die Agenda van die Ringsitting en die Wandel in die Woord:

Na ‘n Wandel in die Woord sessie kan die Ring aandag gee aan die volgende vraag:

Hoe kan die gedagtes van na vore gekom tydens die Wandel in Woord ons agenda beïnvloed?

  • Moet daar agenda-punte bykom?
  • Is daar agendapunte wat kan oorstaan of uitval?
  • Wat behoort prioriteit wees as ons luister na die Gees?

Die gedagte is dus dat die lees van en die luister na die Woord, nie maar net ‘n opening van die Ringsitting is nie, maar werklik ‘n aktiewe luister is na wat God vir die Ring wil sê!

As voorbeeld het ons die volgende genoem na aanleiding van ons Wandel in die Woord in Hand 20

  • Dit gaan nie net oor suksesse nie. Ons moet eerliker wees, en hoef nie by die Ring net oor ons suksesse te praat nie.
  • Moet ons nie ‘n slag praat oor die hoe  kompeterend ons onder mekaar is nie?
  • Die toesighoudingsfunksie van Ring skep nie vertroue nie.
  • Hoe is God in ons sg. mislukkings teenwoordig? Laat Hy nie sekere goed tot niet gaan twv sy Koninkryk nie?
  • Tel ons seine op wat God vir ons gee? Kan ons dit interpreteer? Bv as ‘n Konvent opgebreek word, hoe  is die Here ook hierin met ons besig?
  • Ons moet ruimtes skep om deur emosies en selfondersoek te gaan. Wat wil Here hê jy moet raaksien? Bv. Bagasie van mense. Liggaam kan siek word. Dele sterf af. Betekenisvolle sterwensbegeleiding nodig soms vir ons styl van verband?
  • In watter soort tyd is ons ring? Tyd om te bou of dinge agter te los? Sit dalk hele agendaboek weg! Tyd om te luister na die Gees.!
  • Moet praat of ring nog ‘n funksie het. Kerklike agenda teenoor passie vir koninkryk.? Kerklike agendas maak energie dood! Spontane visie vir Koninkryk meer energie.

Voorstelle:
  • Skriflesing: Wie bepaal watter gedeelte gaan ons lees?

Kies een gedeelte wat julle heeltyd hanteer. Informatiewe lees na formatiewe lees. Skrif vorm jou! Wees bedag daarop om nie die Bybel te lees soos dominees wat preek maak nie. Wees sensitief dat Gees vir ons teks sal gee. Teks kom na vore.

  • Moenie met spesifieke tekse die gesprek in die Ringsitting probeer manipuleer of oorbekende tekse gebruik nie.
  • Ring sou ‘n verbond kon sluit: Niemand gaan vanjaar oor die teks preek nie! Anders lees ons dit met bybedoelings. Teks moet met jóú werk.
Stasie 4 Luister na mekaar

By hierdie stasie maak ons bewustelik tyd om intensioneel na mekaar te luister. Ons ingesteldheid is dat Here met ons praat ook in die gedagtes en idees wat by mekaar hoor.  Ons probeer dus nie om mekaar te oortuig van ons eie standpunte nie, maar wat ons by mekaar kan leer deur goed na mekaar te luister. Dit is eenvoudig so dat wanneer daar tydens die vergadering die ervaring is dat daar goed na mekaar geluister word, die vlakke van vertroue dadelik verbeter.

Voorstelle
  • Wanneer ons met mekaar in gesprek gaan sal dit goed wees om die eggo-tegniek en die gewoonte om mekaar te bevestig toe te pas. Dit skep ‘n veilige ruimte waar debat verander na dialoog.
  • In sommige situasies kan die Ring tydens gesprekke in pare verdeel en hulle sieninge met mekaar deel in die pare en dan terugvoer gee van dit wat hulle by hulle gespreksgenoot geleer het en nie wat hulleself gesê het nie. Die tegniek word volledig beskryf in God praat leef Luisterryk in Vergaderings
  • Die Ring so ‘n fasiliteerder kon aanwys wat die hele tyd saam vergader en telkens “eggo” oor wat hy/sy gehoor het in ons gesprekke.
Stasie 5 Luister na ander

Ons weet dat die Here dikwels met ons praat deur vreemdelinge of die “ander”.  Ons praat dikwels in die vergaderings oor die “ander” maar nie met hulle nie.  Ons sou hierdie stasie kon benut in ons vergadering deur die “ander” in te nooi en na hulle te luister. Die geestelike dissipline van hierdie stasie is die van gasvryheid.  Indien die Ring die Gestuurde of Missionêre karakter van kerkwees wil bevorder is hierdie stasie baie belangrik. Die “ander” verteenwoordig stemme in ons gemeentes en gemeenskappe wat nie gehoor word in ons vergaderings nie. In ons soeke om die stem van God te hoor luister ons na die ander of buitestaanders met ‘n geloofsonderskeidende ingesteldheid.

Voorstelle:

o   Dit sal goed wees om buitestaanders uit die gemeenskap te kry om ons vergaering by te woon sodat ons kan luister na wat in die konteks gebeur.

o   Sal dit werk om die Ekumeniese leraarskring te nooi? Ons luister na hulle. Bv. Hoe dink julle kan die Here die NG Kerk gebruik in ons omgewing?

Hantering van Verslae:

Verslae wat ons ontvang om te hanteer met die Ringsitting sou ook hanteer kon word as “stemme” van die “ander” wat na ons as Ring kom. Hoe ons die verslae hanteer of daarna luister is belangrik? Formele verslae word maklik kerklike agendas. Deur die verslae te hanteer as belangrike stemme wat na ons kom sou ons dit ook geloofsonderskeidend kon hanteer deur Gods-vrae in ‘n proses van geestelike onderskeiding te gebruik. ‘n Verslag kan bv verryk word deur te vra: Waar het ons die Gees sien werk die afgelope jaar?

Stasie 6 Luister weer na die Woord en die beweging van die Gees:

Hierdie stasie maak handel die tweede begewing HOOR af. Nadat ons na die Woord, na mekaar en na die “ander” geluister het, vra ons by hierdie stasie hoe en wat die Here deur sy Woord en Gees met die Ring praat? Dit is daarom eintlik ‘n “stasie” wat deurlopend teenwoordig is in al ons gesprekke. Dit gaan van die veronderstelling uit dat die Here deur sy Woord en Gees ook tydens hierdie vergadering met ons praat en dat die Gees ons beweeg.  Hierdie ingesteldheid verdiep die geestelike ingesteldheid van die Ring.

Uit die aard van die saak maak dit deel uit die Missio Dei ingesteldheid dat ons bewus moet wees van hoe God reeds aan die werk is en hoe ons as Ring daarvan deel kan word.  Deur hierdie “stasie”te doen, verskuif ons die agendskap van onsself na God.  Ons is nie meer die eerste bewegers nie, maar die Drie-enige God is dit en ons word genooi om daarvan deel te wees.  Daarom Luister ons na die Woord en word ons bewus van die bewegings van die Gees.

Voorstelle:

o   Ons sou by belangrike agendapunte kon vrae kon vra soos: Watter tendense kan ons onderskei? In watter rigting beweeg die Gees? Waarmee is God besig?.

o   Na spreker bv. gepraat het, sou ons weer die teks kon lees.

o   Godsvrae help mense om weg te kyk van wat hulle self doen. Begin onderskei wat God aan die doen is, sonder my inisiatief.

o   Moontlike Vraag: Sedert ons laas bymekaar was, wat het die Gees onder ons gedoen? LW die vraag is nie na wat die gemeentes gedoenhet nie, maar na wat die Gees onder ons gedoen het.

o   Lewende verhale oor God of lewende ervarings van die beweging van die Gees is meer betekenisvol vir afgevaardigdes.

Beweging 3 Leef

Hierdie beweging slaan die brug van gebeure voor en na die Ringsitting. Stasie 7 vra na ‘n fokus op wat God nou doen? En Stasie 8 oor hoe ons kan antwoord met ons lewens.  Ringsvergaderings is natuurlik nie ‘n doel op sigself nie, maar  eintlik ‘n stasie in ‘n reis.  Dit is daarom belangrik om ag te slaan op hoe ons die brug slaan terug na die praktyk van die gemeentes. Ons voorstelle is ingebed in die bewussyn dat ons nie teruggestuur word na ons gemeentes om die kerk te gaan bou nie, maar om bouers van die Koninkryk te wees.

Ons stel voor dat die Ring dit oorweeg om iets soos ‘n Koninkryk barometer aan die einde van die vergadering.  Daar sou met die volgende  vrae gewerk kon word

  • As ons nie hier was nie, sou hulle ons gemis het?
  • Op welke manier ondersteun ons of is ons betrokke by die plaaslike owerheid – Burgemeester vra oor hoe gemeentes kan ondersteun.
  • Bevelvoerder van die polisie. Hoe kan ons ondersteun of waaroor is ons besorg?
  • Wat kan ons vir skole in ons omgewing doen?
  • Hoe is die eenheid tussen die geestelike leiers op ons dorp/voorstad/streek?
  • Hoe word rykdom versprei in ons gemeenskap?
  • Impak op die ekologie – wat is aan die gang in ons omgewing met ontwikkelings?
  • Ontwikkeling van mense in ons gemeenskap. Watter geleenthede het mense om geskool te word?

God Praat leef Luisterryk vir vergaderings van Bybelmedia  sou gebruik kan word vir verdere leeswerk.