{ARGIEF}

Uit die Hoëveldstreek kom die goeie nuus van ‘n ter stigte nuwe Vennootskapscluster!

Die “voorstigtingsvergadering” vir hierdie derde Cluster in die streek vind DV plaas op Saterdag 18 April 2009 van 09h00 tot 12h30 te NG Brackendal.

Die volgende Gemeentes het aangedui dat hulle belangstel om hierdie vergadering by te woon:

  • NG Brackendal,
  • NG Deo Gloria,
  • NG Edleen,
  • NG Kempton-Hoogland,
  • NG Kinnros,
  • Ned Herv Kerk Brackenhurst,
  • VGKSA Ennerdale,
  • VGKSA Emmanuel.

Daar word met opgewonde verwagting uitgesien na die ontwikkeling van hierdie derde Cluster in die Hoëveldstreek. Indien hierdie groep almal sou besluit om wel by die Vennootskapsreis in te skakel, sal daar 24 gemeentes in die Hoëveldstreek by die Vennootskap betrokke wees.

Onder diegene wat betrokke gaan wees, is onder andere ook ds Theo Janse van Rensburg wat tans ingeskryf is by US vir die Meestergraad wat fokus op Missionêre Gemeentes.

Die konsultante wat betrokke gaan wees by hierdie Cluster is Theo Marais, Gideon Kok, Willem Strauss, Corneill du Plessis en Johan Bester.

Vir verdere inligting kan u gerus skakel met Gideon Kok by kokgj@vodamail.co.za.