{ARGIEF}

Registreer gerus vir die VBO sessies vir Februarie 2020 wat aangebied word by Communitas in Stellenbosch.
Registrasievorms beskikbaar onder die advertensie van elke geleentheid.
Kontak:  bleibbrandt@sun.ac.za
 
Hierdie is ‘n praktiese kursus vir beginners wat met behulp van ‘n selfoon en rekenaar wil begin met oudiovisuele kommunikasie en getuienis. Die eerste dag is inleidend (25 Feb).  Die tweede dag (10 Maart), sal die video’s wat die deelnemers gemaak het, bespreek word en verder verwerk word deur die groep.
Inhoud sluit in:
Hoe kan ‘n mens met ‘n selfoon en minimum toerusting videos maak?
Hoe kan jy videos gebruik in jou strategie vir ‘n digitale bediening in jou gemeente?
Basiese vaardighede vir beginners oor video-maak oor die verskillende genres.
Teks, klankbaan, visuele inhoud, storievertel tegnieke, tegniese wenke, redigering, teikengroep en nog vele meer aspekte word aangespreek.
Aanbieder:  Neil Buchner
Vertel Stories met Videos – Registrasie

13 Februarie
Wil jy graag kinders in jou gemeenskap bedien?
Hierdie blits een-dag kursus gaan oor:

  • Die ontwikkelingsfases en geloofsgroei van kinders
  • Effektiewe aanbiedingsmetodes met goedkoop hulpmiddels
  • Verhoudingsbou en groepsdinamika
  • Doeltreffende aktiwiteite vir groot en klein groepe
  • Kreatiewe handwerk idees met afvalmateriaal
  • Lofprysing en gebed met kinders
  • KiX in verskillende kontekste

Alle bestaande KiX leiers word uitgenooi na hierdie verfrisser, asook enige ander persone wat meer wil weet oor die tegnieke van KiX bediening. KiX groepe kan by kerke, ‘n nasorg, skool, créche of gemeenskapsentrum aangebied word. Die kurrikulum is gratis beskikbaar in Afrikaans en in Engels.
Aanbieders:  Sulet Brümmer en Annelet Slazus
Registrasie Kix

Die bybelteks is gevul met van die wonderlikste stories. Ons ken almal meeste van hierdie verhale, soveel so – dat ons dit aan ons kinders en weer aan hulle kinders oorvertel. Natuurlik moet ons nooit ophou om hierdie stories te vertel nie – maar ek nooi julle graat uit om saam te kom luister na – en te gesels oor – die storie agter die storie. Dit is die wonderlike avontuurlustige verhale van ons Ou en Nuwe Testamentiese manuskripte, en hoe dit uiteindelik bygedra het dat ons vandag ‘n boek – die Bybel kan noem.
Aanbieder: Peter Nagel
Bybelteks OT Registrasie