{ARGIEF}

Tweede Gedagtes Lukas 3:15-27 & 21-22
10 Januarie 2010 Eerste Sondag na Epifanie

Prof Phil Robinson se preekstudie oor die fokusteks van die week is soos gewoonlik baie noukeurig, keurig versorg en goed deurdag. My kommentaar is ‘n klompie los gedagtes wat by my opgekom het met die her-lees van die teks en ‘n gesnuffel in die nuusblaaie van die laaste paar weke met die draai van die jaar. Ek sit my gedagtes doelbewus nie in ‘n preekbare volg-orde nie want dit is die taak van die prediker self.

1. Wat verwag ons van die jaar? Die Messiaanse 2010 verwagting:

In sy preekstudie beskryf prof Phil die hemelhoë messiaanse verwagting wat opgevlam het met die prediking van Johannes die Doper, en die skares wat hom gevolg het. Opvallend is dat hy perspektief behou en anders as politici, sport- en media- heldfigure perspektief behou en aandring daarop dat mense onthou dat hy nie die messias is nie maar dat daar een na hom sal kom wat groter is as hy. (vv15-17)

‘n Mens kan nie anders as om aan die begin van 2010 die verband te lê na die hemelhoë verwagtings rondom die 2010 Sokker Wêreldbeker nie. Pres Zuma noem vanjaar die tweede belangrikste jaar vir Suid Afrika na 1994 in sy Nuwejaarsboodskap aan die volk! Lees dit gerus by http://www.info.gov.za/speeches/2009/09123114151001.htm ‘n Mens kan op ‘n manier nie anders as om met hom saam te stem nie- maar dan aan die ander kant is daar heelwat stemme wat terreg vra of ons so ‘n groot “messiaanse” verwagting aan die geleentheid moet koppel. Gaan die gewone persoon in die straat werklik soveel baat vind hierby en wat van al die ander negatiewe dinge wat hiermee gepaard gaan. Hoë verwagtings het  byna sonder uitsondering telleurstelling tot gevolg as daar nie ‘n goeie skoot nederigheid saamgaan daarmee nie.

In hierdie tyd is die wereld ook geskok deur die “val van Tiger Woords” die beste gholfspeler ooit, nadat dit bekend geword het dat hy talle- sommige dink dit is meer as 10- verhoudings met verskillende vroue gehad het.  Hy het “uitgetree” as speler, die borge het een na die ander hulle borgskap aan hom onttrek en die jag is nou oop op hom soos wat my oupa in die Kalahari sou sê. Martin Heyns het hieroor ‘n interessante opmerking gemaak op die webblad ‘n week terug.

Dit lyk vir my die belangrike perspektief van die teks is Johannes die Doper wat ons herinner daaraan dat hy nie die messias is nie. Ons verwagtings in groot gebeure, helde figure kan gerus getemper word deur hierdie perspektief van wie die eintlike agent is wat hoop bring. Jannie Swart het hieroor ‘n uitstekende bydrae geskryf op sy blog. Ons sal in alles moet leer onderskei tussen die ritsel van die blare en die wind wat die blare laat ritsel. Epifanie is ‘n tyd om te onthou dat agter is in alles wat met ons gebeur God Drie-enig teenwoordig is en dat dit God se teenwoordigheid is wat ons met gegronde verwagting(Berkhof) kan laat uitsien na ‘n nuwe jaar en nie die stand van die ekonomie of die koms van ‘n wêreldbeker nie. Dat ons as gemeente nie die koninkryk self is nie, maar ‘n voorsmaak daarvan soos wat Johannes die Doper ‘n wegbereider vir Jesus was.

2. Dit bring ons – vir my- by die eintlike hoopvolle boodskap van die teks- Terwyl die verwagting hemelhoog is dat die tyd vir die koms van die messias aangebreek het-sommige wonder selfs of Johannes nie die messias is nie- Is die messias reeds tussen hulle!

Maar… niemand buiten Johannes is bewus daarvan nie. Die skare leef in verwagting maar onbewus van die wonder van God se teenwoordigheid hier by hulle. ‘n Mens kan op ‘n manier die Jode van daardie tyd nie kwalik neem dat hulle hom misgekyk het nie, maar ons behoort seker van beter weet. Ons behoort seker al teen hierdie tyd te weet dat God gekies het om sy seun te stuur in die gestalte van ‘n gewone mens wat tussen die wone burgers van Galilea geleef het. Dat ook Hy soos die ander deur Johannes gedoop sou word- en dat hy deur baie misgekyk is omdat Hy so gewoon was. Skrynwerker pa, ‘n ma met broers en susters afkomstig uit ‘n onbelangrike deel van die gemeenskap, en tog was hy die messias die Christus! Geloof is steeds om in die daaglikse gewone dinge van die lewe raak te sien dat God werk. Lukas beskryf sy doop so  onopvallend. Johannes het die skares getrek- vanoor die hele Jordaan vallei het hulle gekom- en hy het hulle een-een in die rivier gedoop. Tussen die honderde dopelinge staan daar ‘n jong man, hy word ook gedoop, hy bly staan en bid…en toe skielik gaan die hemel oop!! In die Markus weergawe van die doop van Christus wil dit voorkom asof dit net Jesus was wat die stem van die Vader gehoor het.
Baie is seker die dag daar weg sonder om te weet dat die messias langs hulle in die ry gestaan  het!
Sê nou maar net dit gebeur met ons ook vanjaar- nie net een of twee kere nie- maar sommer elke dag soos wat God deur Sy Gees by ons is, en sê nou maar net ons kan iets daarvan raaksien, hoe sal dit nie ons jaar verander nie!?

3. ‘n Derde gedagtes wat by my opgekom het het te make met die gesprek tussen die Vader en die Seun. Let daarop dat die drie persone van die Triniteit hier aktief teenwoordig is. Ons kry so ‘n kykie in die binnekamer van die Drie-eenheid- in hoe dit is om te lewe in die geborgenheid van die verhoudings tussen Vader en Seun en Gees. Hierdie verhoudingsdinamika is hoe dit eintlik in die kerk behoort te wees sê mense soos Miroslav Wolf ( After her likeness) Die seun is op die vooraand van Sy “ordening”, die Gees is sigbaar teenwoordig in die vorm van ‘n duif op die Seun kom sit en dan kry die Vader geleentheid om te praat: Jy is my geliefde Seun in wie ek ‘n welbehae het- en met hierdie liefdesverklaring  “bevestig” die Vader die Seun! Ek gee ‘n paar vertalings hiervan:
 
New International Version (©1984)
and the Holy Spirit descended on him in bodily form like a dove. And a voice came from heaven: “You are my Son, whom I love; with you I am well pleased.”
New Living Translation (©2007)
and the Holy Spirit, in bodily form, descended on him like a dove. And a voice from heaven said, “You are my dearly loved Son, and you bring me great joy.”
New American Standard Bible (©1995)
and the Holy Spirit descended upon Him in bodily form like a dove, and a voice came out of heaven, “You are My beloved Son, in You I am well-pleased.”
International Standard Version (©2008)
and the Holy Spirit descended on him, appearing in the form of a dove. Then a voice came from heaven, saying, “You are my Son, whom I love. I am pleased with you!”
GOD’S WORD® Translation (©1995)
and the Holy Spirit came down to him in the form of a dove. A voice from heaven said, “You are my Son, whom I love. I am pleased with you.”
King James Bible
And the Holy Ghost descended in a bodily shape like a dove upon him, and a voice came from heaven, which said, Thou art my beloved Son; in thee I am well pleased.

Ek het so ‘n bietjie deur die nuusblaaie van die afgelope week gaan kyk en dit is verbasend hoe afwesig enige vorm van genadige, liefdevolle bevestiging is. Die Mail en Gaurdian het ‘n evaluering van die kabinet waar hulle bepunt word vir hulle werk as ministers. Een van die misisters kry ‘n X en min kry beter as ‘n B. Dalk verdien hulle die kritiek.  Ander oorsigte oor die jaar doen nie veel beter nie en is daarop uit om wat verkeerd geloop het uit te wys- dit is natuurlik belangrik in ‘n demokratiese samelewing dat die pers hierdie waghoud funksie vervul en onreg en onbekwaamheid en korrupsie moet uitwys.  Maar as ‘n mens na die geheel prentjie kyk kom daar ‘n prentjie na vore van ‘n gemeenskap wat genadeloos is met mekaar. Die wat gefouteer het- Woods en kie- word ongenadig veroordeel en hulle lewe word van alle kante bekyk om nog foute raak te sien-want hulle foute het nou nuus geword- dit is eintlik ironies dat ‘n heldefiguur soos Woods en Joost en wat dieselfde pers van ‘n paar maande gelede nie genoeg kon ophemel nie- nou skeinbaar nie genoeg kan kry van sy val nie!  Dit is asof daar in die taal wat ons met mekaar praat nie genade is nie. Geen aanduiding van onvoorwaarderlike liefde nie- byna asof dit nie hoort in die publieke gesprek nie. Ek sit die vakansie en luister na vriende wat gesprek voer oor ‘n familielid waaroor hulle bekommerd is- hulle is lief vir die persoon maar ook bekommerd- in die gesprek hoor ek hoe die diskoers van veroordeling oorhand kry- hoekom kom hy nie reg nie- kan hy nie sien wat hy doen nie- so kan dit nie aangaan nie iemand moet ingryp! Later se iemand, maar ons is mos nog lief vir hom, ons is familie moet by hom staan.  Die gesprek temper, die velheid vervaag.  Die volgende dag se ‘n bekommerde familielid- ons gehoort meer vir hom te bid.

Ek het die vakansie Barack Obama se boek Dreams from my Father gelees en het toe weer gedink aan die debakel met sy verkiesing toe die pers kritiek uitgespreek het teenoor sy predikant pastor Wright wat ‘n vertroueling van Obama is. Daar is gewys op die skerp kritiese en soms rasistiese taal wat die pastor gebruik in sy kritiek teenoor die VSA en die blanke gemeenskap daar. Obama se kommentaar in sy nou bekende Race speach was soos volg:

As such, Reverend Wright’s comments were not only wrong but divisive, divisive at a time when we need unity; racially charged at a time when we need to come together to solve a set of monumental problems – two wars, a terrorist threat, a falling economy, a chronic health care crisis and potentially devastating climate change; problems that are neither black or white or Latino or Asian, but rather problems that confront us all.
But the truth is, that isn’t all that I know of the man. The man I met more than twenty years ago is a man who helped introduce me to my Christian faith, a man who spoke to me about our obligations to love one another; to care for the sick and lift up the poor. He is a man who served his country as a U.S. Marine; who has studied and lectured at some of the finest universities and seminaries in the country, and who for over thirty years led a church that serves the community by doing God’s work here on Earth – by housing the homeless, ministering to the needy, providing day care services and scholarships and prison ministries, and reaching out to those suffering from HIV/AIDS.

I can no more disown him than I can disown the black community. I can no more disown him than I can my white grandmother – a woman who helped raise me, a woman who sacrificed again and again for me, a woman who loves me as much as she loves anything in this world, but a woman who once confessed her fear of black men who passed by her on the street, and who on more than one occasion has uttered racial or ethnic stereotypes that made me cringe.

 

‘n Laaste gedagte:

In die film INVICTUS, mi meesterlik verfilm onder die regie van Clint Eastwood, word uitgebeeld hoe Francios Pienaar as Springbokkaptein genooi word vir tee in die kantoor van die president Nelson Mandela. Mandela ontvang die duidelik gespanne Pienaar vriendelik, dring daarop aan om self vir hom tee te skink, en dan vra hy:….gesien die konteks sou ‘n mens ‘n politieke vraag verwag of selfs ‘n vermaning, maar Mandela vra: Francios, wat is jou teorie van leieskap. Op Francios se verduideliking van leieskap as voorbeeld, bevestig hy Francios se idees, vul aan, praat saam, gee sy eie idees en ‘n band word gesmee.  Die res is geskiedenis.

Ons het in ons tradisie as gereformeerdes al soveel gepraat en gespryf oor ‘n lewe uit genade, dat ons uit genade gered is, maar ek wonder of ons deur genade na mekaar leef, ons wat so uit genade alleen gered is, onverdiende guns alleen. Ek hoor so min onder ons dat ons vir mekaar se: Jy is my geliefde broer/suster ek hou van jou, ek glo in jou al maak jy die grootste van foute denkbaar sal niks dit verander nie!

Lees gerus die volledige teks  by http://obamaspeeches.com/E05-Barack-Obama-A-More-Perfect-Union-the-Race-Speech-Philadelphia-PA-March-18-2008.htm