{ARGIEF}

Hierdie week se opdrag is minder kreatief, maar regtig belangrik!

In die lig van jou blog se fokus en die posts wat jy al geskrywe het – veral dié wat baie verkeer gekry het – kyk na jou blog se frontpage en besluit wat moet uitgebrei word en wat moet weggeneem word.

  • Kyk veral ook na die inligting oor jou en jou fokus en hoe jy gekontak kan word.
  • En toets elke skakel of dit werk of nie.
  • Maak spelfoute en formateringsfoute reg!

Stuur vir my die inligting oor dié dinge wat jy nie self op die webtuiste kan verander nie, met duidelik instruksiese oor hoe jy dit wil hê, en ek sal dit vir jou verander.