{ARGIEF}

‘n Blog (verkorting van web log) is ‘n webtuiste wat op gereelde interaksie met lesers fokus.  Dit het posts en kommentaar wat gewoonlik in ‘n omgekeerde datum kronologie geplaas word, met ‘n wye reeks  skakels na ander relevante inligting wat met die blog se fokus verband hou.

Die bloggers wat by die opleiding was in Januarie het ‘n 100-150 woorde oorsig van hulle blog geskryf. 

Die opdrag was: Wat is jou blog se fokus?

Die idee is dat jy ‘n Elevator pitch (Hysbak voorlegging) skryf – jy moet dit in die 30 sekondes kan lewer wat ‘n hysbak neem om by die 10de vloer uit te kom.

Ek het die volgende paar idees gegee as hulp:

  • Dinkskrum die bestaande blog – watter woorde spring uit as jy aan die blog dink?
  • Wie is jou teikengehoor?
  • In watter behoefte wil jy voorsien?
  • Watter vrae wil jy beantwoord?
  • Watter bydrae wil jy maak?

Daarna moes elkeen ‘n kort beskrywing skryf (tag line/ slogan) wat op sy of haar blog kan verskyn.  Die beskrywing kan in besigheidskaartjies, e-pos handtekeninge ens gebruik word.  Die langer beskrywing gaan in die OOR JOU/ONS gedeelte geplaas word.

Stuur dit vir my dat ek dit op die blog in ‘n prominente plek kan plaas.