{ARGIEF}

Month: June 2010

Verder Geluister: Gal 6:11 – 16

4 Julie 2010 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd: Gal. 6:11 – 16

Frederik Nel se eksegese en sy uitgebreide hantering van die teks is baie insiggewend en uitdagend. Dit bied goeie stof vir die saamstel van ‘n preek.

Die kruis van Christus wat sentraal in ons lewe behoort te staan, staan vir verlossing. Dit is dié simbool van genade en liefde en daarom ook vir goed-doen aan ander. Ook staan dit vir die in-nooi en verwelkoming van die ander. Dit behoort die voorskrif vir ons gesindheid teenoor ander te wees. Meer nog, dit is die kenteken van die soort spiritualiteit waaroor ons moet beskik.

read more

Alles het met ‘n bal begin

‘n Kerk in Vanderbijlpark (wat deel is van TUG) het ‘n 2 weke "Kidsgames" program wat wyd geadverteer is in die omgewing. Ongeveer 80 kinders woon hierdie program by. Talle kinders het al hulle harte vir Jesus gegee en wonderlike verhoudings is met die vrywilligers...

read more

Verder Geluister: Gal 5:1 & 13-25

27 Junie 2010 – Vierde Sondag in Koninkrykstyd: Gal 5:1, 13-25

Die vrug van die Gees

Annes Nel het vir hierdie week ‘n baie goeie preekstudie uitgewerk. Dit kan met groot vrug gebruik word. Ek wil egter meer spesifiek ‘n paar opmerkings oor enkele van die vrugte van die Gees maak.

read more

PLENARY and PARALLEL SESSIONS – ABSTRACTS

Titles of the Abstracts from the plenary and parallel sessions at Utrecht Junie 2010 on the topic: EMBODIED ECCLESIOLOGY IN LOCAL CONTEXTS.  Download the Word document for the content of the abstracts.

roo

ABSTRACTS UTRECHT JUNE 2010

PLENARY SESSIONS

PLEN. 1 Alister McGrath

“Theology, Worship, and Ministry: The Consummation of Theology in the
Life of the Church”

PLEN. 2 Harald Hegstad

“From congregational studies to congregational development. On the different modes of ecclesiology.”

PLEN. 3 Mary McClintock Fulkerson

“Redemptive Disruptions and the Social Implications of Eucharistic Memory”

PLEN. 4 Nick Healy

“A (Somewhat) Chastened Ecclesiology: Ethnography, the Trinity and the Doctrine of the Church”

PLEN. 5 Chris Scharen.

“Ethnographic Notes Towards a Carnal Ecclesiology

PLEN. 6 Helen Cameron

“Theological Reflections on Third Place Church: New forms of church in deprived urban communities in England”

read more

Afrika het Vredemakers!

Ons gesin het letterlik ons sokkerkaartjies uit die “lug” ontvang. Dit is per vliegtuig en coerier na ons gestuur. So het ons Vrydag die “sokkertrein” na die Kaap bestyg en heerlik saam met al die sokkerondersteuners by die Kaapse stasie aangekom. Vandaar het ons die 2,6 km “fanwalk” / “Ondersteunerspad” na die stadion gestap. Wat ‘n wonderlike ervaring het ons nie begroet nie? Daar was  straatmusikante, kunstenaars en  vrolikheid oral te sien!  Tussen al die ondersteuners met hulle unieke “kleredrag” het my kop letterlik gedraai! Met al die musiek, dromme, Tafelberg in die agtergrond, Kaapse klopse se optog, wonderlike sekuriteit, het ek net besef -hierdie ervaring moet ek vashou en nie laat gaan nie! By die stadion aangekom, het die altydteenwoordige SA Polisie gesorg dat alles vloei en dat daar ‘n gees van welwillenheid tussen almal was! Ek het laas die ervaring gehad, toe ek in 1995 die Wereldbekereindstryd op Ellispark bygewoon het. Die stadion, die organisering – ja alles was puik! Baie geluk Kaapstad en Suid-Afrika !
read more

Bothaville bring hoop vir gebroke mense

‘n Mens is dikwels so vasgevang in jou eie klein wêreld dat jy dink dit is hoe dit oral gaan. Totdat jy met die res van die wêreld begin kontak maak. Ons was hierdie naweek in die Vrystaatse platteland op ‘n dorpie waar daar geestelike hopeloosheid in van die kerke...

read more

Die waardes van “Heading” en “Passing”

Bethlehem PANORAMA het 16 weke voor die openingswedstryd, begin om daadwerklik vir elke land te bid, wat aan die 2010 Sokker Wêreldbeker deelneem, asook die lande se toeskouers, wat hierheen stroom.

Vlae van al die lande is bestel en twee-twee, elke Sondag, in die kerk opgehang. Daar is dan elke Sondag inligting oor die 2 lande in die gemeente bulletin geplaas, wat lidmate gehelp het om daadwerklik en doelgerig te bid. Die laaste vlae is die Sondag na die openingswedstryd opgehang.

Die Sondae wat daarna voorlê, tot met die eindstryd, word gebruik om vir die toernooi self te bid. Gebede word nou veral gerig op die Reëlingskomitee, die Sekuriteit, Veiligheidsmagte en alle ongure praktyke, wat met die Sokker gepaard gaan, bv prostitusie en kinderhandel.

Daar word ook daadwerklik gebid vir alle uitreikspanne, wat in hierdie dae werksaam is. Saam met die vlae-projek is die lidmate ( en veral die kinders en jongmense ) bewus gemaak van die ligging en omstandighede van al die deelnemende lande. Dit is gedoen deur sokkerballe uit te deel in die eredienste, nadat kerkgangers vrae oor die betrokke lande moes beantwoord. Daar is ook ‘n groot wêreldkaart in die kerk aangebring, wat die lande duidelik uitwys.

Die sokkerballe is geskenk deur die Kid-to-Kid projek van Amerika ( ds Ben Marais van TUG was ons hierin behulpsaam !! )

read more

Sondag 21 Junie Leef vandag!

`n Oud kollega en vriend van my het sestig geword. Gisteroggend het ons dit saam met `n groepie vriende gevier. Dit was goed. Daar is min dinge soos ou vriende, ou onthou-stories en lag saam oor ou dinge wat eens op `n tyd baie ernstig was, maar vandag baie snaaks...

read more