{ARGIEF}

Month: October 2010

Saterdag 30 Oktober: Wat se leierskap?

Ons tegnologiese vooruitgang - ons sogenaamde beskawing - is soos `n byl in die hand van `n patalogiese krimineel – Albert Einstein Was vroegoggend al in Kaapstad om deel te wees van `n gesprek oor die ontwikkeling van christelik-gedrewe en waardede-gedrewe leierskap...

read more

Wat is kultuur en wat is Evangelie?

Een van die uitgangspunte van gestuurde teologie is die noodsaak van  ‘n kritiese ingesteldheid teenoor die kultuur waarbinne ‘n geloofsgemeenskap leef.  

Geen kultuur is christelik of on-christelik nie. Aan die ander kant wor die evangelie tog gedra deur die taal, simboliek en gebruike van ‘n betrokke kultuur. Ons vertaal dus die evangelie altyd in ‘n bepaalde kultuur sê Lamin Sanneh in sy bekende boek Translating the Message wat pas na 10 jaar weer verwerk en nuut uitgegee is. (Orbis Books 2009) Dit maak die evangelie kwesbaar vir kulturele assimilasie sê Lamin in die tweede hoofstuk van sy boek. Die gevaar is dat daar so ‘n proses van vereenselwiging tussen die kultuur en die evangelie plaasvind dat ons later nie meer kan onderskei tussen en die kultuur waarin dit vertaal word, en die evangelie self  nie. Andrew Walls noem dit ‘n proses van “domesticating the Gospel”.  Dit is van enige kultuur waar dat dit die skerp kante van die Evangelie sal wil mak maak wanneer dit diê bepaalde kultuur uitdaag tot transformasie.  Dit is dan wat mense sê- ek is nie so groot gemaak nie!, met die veronderstelling dat die manier waarop ek groot gemaak is- kultuur- normatief is en nie uitgedaag mag word nie.

Hierdie kulturele “blindekol” word erger wanner die geloofsgemeenskap ‘n mono-kulturele  gemeenskap is. Walls sê dit is die rede waarom monokulturele geloofsgemeenskappe uiteindelik sterf. Langsamerhand versmoor die kultuur die evangelie sodat  “plot van die evangelie” verloor word. Gestuurde gemeentes is daarom doelbewus op die uitkyk hoe hulle die kulturele “binding” van die kultuur kan breek deur uit te reik na mense buite hulle “kultuur”-groep.  Ons reik daarom uit na ander na wie die Here ons stuur.

Die vraag wat ons dan behoort te vra is: Hoe lyk die evangelie wat ons dra, hoeveel daarvan is Evngelie en hoeveel daarvan is kultuur?

Ek het die week ‘n baie leersame gesprek gehad met Danie Murray hieroor. Danie verstel dat hy na tien jaar se werk in Mosambiek ontdek het dat “ek eintlik net droog gemaak het”, omdat ek nie goed genoeg geluister het na die kultuur van die mense in Mosambiek nie. Ek voeg toe by dat dit seker ook te make het met ons eie kulturele blindekolle. Sedertdien is hy besig om meer luisterend te werk en kultuursensitief te wees.

read more

Donderdag 28 Oktober: Groot en klein wêrelde

Askies dat ek so aangaan oor Lausanne, maar my wêreld het regtig `n bietjie groter geword. Daar is ‘n teks wat by my spook… “uit elke volk en stam en taal….” Ek het dit met my eie oë gesien en daar het ‘n sekerheid oor die Waarheid van die Evangelie in my gegroei wat...

read more

Die Volk se bank?

Die redaksionele artikel in Kerkbode van 15 Oktober 2010, “Absa is die NG Kerk se bank ook” verdien kommentaar omdat dit so sterk herinner aan die “verbintenis” tussen die NG Kerk en die destydse Volkskas (“hierdie ou volksinstelling” soos die redakteur dit stel) tydens die apartheidsbedeling. Kom ek verduidelik.

In 1986 het die sinode van die destydse NG Sendingkerk (vandag die Verenigende Gereformeerde Kerk) op voorstel van die Burgersdorp afgevaardiging Volkskas se traagheid betreur “om op die platteland positief mee te werk aan die aftakeling van apartheid in al sy vorms”.  Die kwessie was dat Volkskas, die bank van die NG Sendingkerk, teen lidmate gediskrimineer het deur aparte en minderwaardige ingange vir sogenaamde “anderskleuriges” te hê.

Die Burger berig op 30 September 1986 soos volg: “Ds. Chris Spies van Burgersdorp het gesê hy en sy kerkraad het sedert Mei 1984 deur al die moontlike kanale vertoë tot die bank gerig oor sy skeidingsmaatreëls. Dit het niks opgelewer nie, behalwe ‘n onuitgevoerde belofte dat alle skeidings ‘op ‘n ordelike manier’ verwyder sal word. Volkskas het deurentyd ontken dat enige diskriminasie ter sprake is. Ds. Spies het gesê…Volkskas is die Sendingkerk se bank wat oor baie jare ‘n gewaardeerde diens lewer. Die bank het egter op Burgersdorp nie aan geregtigheid voorkeur gegee bo die dreigemente van welgestelde inwoners nie.” (http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1986/09/30/11/8.html)

read more

Sondag 24 Oktober Lausanne III Dag 7

Vandag was Lausanne III se afsluiting… En wat `n afsluiting! Die Bybelstudie was uit Ef 6: 10-24 Die tema van die oggendsessie: Vennootskappe binne die Liggaam van Christus oor die wêreld heen. Vanmiddag het ek `n wegbreeksessie bygewoon oor die kweek van leierskap en...

read more

Towards a Theology of Empowerment

1. Introduction

This study paper provides mainly guidelines to stimulate discussion on an understanding of a Theology of Empowerment (TE). My definition of TE hinges primarily on the description of the church and Christians’ Biblical faith, witness and service to fellow human beings in a country where the gap between rich and poor gets bigger and bigger. In South Africa the richest 16,6% (7,5 million people) receive 72% of the income (and this percentage is increasing), whereas in the case of the poorest 50% (23 million people) it is only 3,3%.  It is known that the lowest 50% of the population are now in real terms poorer than 20 years ago.

More than half of the South African population is in the grip of extreme hunger and poverty and in places entire rural communities go without food for days, according to a report tabled by the President and founder of African Monitor, Archbishop Njongonkulu Ndungane. The report comes on the 10th anniversary of the National Poverty Hearings. Poverty in South Africa has deepened over the past 10 years, with more than half of the population grappling chronic food shortages. Hardest hit are rural communities in the Free State, Northern Cape, the Eastern Cape, KwaZulu-Natal and Limpopo bearing the biggest brunt (SABC news 22/10/2008).

Empowerment is the process by which a person receives power and shares it with others, and this results to the recreation of the community. Empowerment is the actualisation, enrichment and development of people’s potential and skills and leads to freedom, justice, growth, transformation (Van Niekerk 1997) and interdependence. Empowered Christians reflect the unique and transforming power of God by their actions.

A Theology of Empowerment starts from a distinctive theological  point of view, but follows an intradisciplinary approach; borrowing, adapting and integrating concepts, methods and techniques of other sciences e.g. sociology, psychology, economics, developmental studies etc. In doing theology a holistic approach is a necessity; it should lead to “spiritual, social and material change” (Myers 2005). TE is outcome based, contextual, transformative and liberating.

One of the most important problems is whether modern theology can adequately connect to the daily life of people and groups. Until now, it has failed to provide systematic and methodical answers to empirical questions and to incorporate these answers in theological thought. For instance, when and how do modern people have religious experiences, which religious attitudes have an impact on their individual and social life, how do they participate in the life of the church community, and how does the relationship between church and society take shape in ordinary life? It is important not to leave the research on these issues to the social sciences alone, but try to formulate, analyse and answer these questions ourselves from distinctive theological point of view (Van der Ven 1993)

read more

Saterdag 23 Oktober Lausanne Dag 6

Die dagtema was vandag “Nederigheid, Integriteit en Eenvoud” met die Bybelstudie uit Ef 4:17-6:9 Dit is duidelik dat die Christendom oor jare soms sy eie grootste vyand was met dit wat Christene aangevang het. Vandag is daar ernstig en reguit gepraat oor die lewe wat...

read more

Vrydag 22 Oktober Lausanne Dag 5

Die dagtema vandag was geloofsonderskeiding en die wil van God. Wat is God se prioriteite? Bybelstudie uit Ef 4: `n diep gesprek oor die eenheid van die kerk. Hier by Lausanne beleef `n mens dit nogal. Natuurlik is hier verskille en tog sien `n mens dit nie, WANT daar...

read more