{ARGIEF}

Month: October 2010

Verder Geluister: Jeremia 14:7-10; 19-22

Een en twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Die volk van God het tot op hierdie tydstip al herhaaldelik van Hom weggedwaal. Maar die droogte, wat krisisafmetings aangeneem het, laat hulle terugdraai na God. Hulle redeneer dat, as hulle ‘n “nasionale biddag vir reën” sou uitroep, God hulle gebede outomaties sou verhoor en aan hulle reën sou gee.

Almal, groot en klein, het tempel toe gegaan om te bid. In afhanklikheid. Met die nodige eerbied. Hulle voer die “regte” godsdienstige handelinge uit. Hulle vas. Hulle bring offers. Hulle bely hulle skuld. Hulle het immers húl kant gebring, en op grond hiervan moes die Redder in nood darem nou sy kant ook bring! Hy kon nie soos ‘n reisiger net een nag oorbly of soos ‘n verskrikte soldaat weier om te help nie (14:8-9).

Maar God reageer op ‘n vreemde manier. Hy was nie baie ingenome met hulle toenadering nie. In 14:10 staan daar: “Ek, die Here, is hulle nie meer goedgesind nie. Ek sal hulle nou hulle sonde toereken en rekenskap van hulle eis vir hulle oortredings.”

Eintlik klop dit nie met die prentjie van ‘n liefdevolle, vergewende God wat ons het nie. God sê selfs vir Jeremia dat hy nie vir die volk voorspraak mag doen nie (14:11). Oordeel en vergelding was hulle voorland!

Eintlik wil ‘n mens simpatie met die volk hê. Want is dit maar hoe ons ook is nie? Vir tye “vergeet” ons van God, en dan op ‘n dag as ons ‘n krisis ervaar, soek ons skielik weer toenadering tot God, en verwag ons dat Hy onmiddellik moet help. Nood leer immers bid!

read more

Woensdag 20 Oktober: Lausanne III Dag 4

Die tema vir die dag was Die Christendom, ander wêreld-godsdienste en die liefde van Christus. Die Bybelstudie was uit Ef 3. Dit word by die dag al hoe duideliker dat hierdie konferensie die verlossing in Jesus Christus EN die strewe na geregtigheid, eenheid en...

read more

Dinsdag 19 Oktober Lausanne Dag 3

The true gospel is a call to self-denial. It is not a call to self-fulfillment - John MacArthur Vandag se fokus was `n gebroke wêreld en versoening. Die Bybelstudie uit Ef 2. Kennis geneem van die 250- milj “Dalits”- uitgeworpenes in Indië. Sommige sê dis soos...

read more

Maandag 18 Oktober : Lausanne 2010 Dag 2

Dit was dag twee van die Lausanne konferensie! Die tema vir die dag was WAARHEID. Die proklamering van Christus as die weg en en waarheid en die lewe in `n pluralistiese geglobaliseerde wêreld. Dis nogal `n mond vol. Daar is eerlik gekyk na uitdagings en...

read more

Sondag 17 Oktober Lausanne 2010 Kaapstad

Dis Sondagaand net na tien Het pas tuis gekom na die opening van Die Lausanne 2010 konferensie in die Kaapstad se Internasionale Konferensiesentrum. (KIKS) Wat `n belewenis! Meer as 4000 christene van regoor die hele wêreld is saamgetrek om saam te dink oor die...

read more

Dinsdag 12 Oktober 3 los gedagtes

Dit gebeur te veel kere dat die slimste brein gevange geneem word deur eie behoeftes, eie voor- en afkeure, die paradigma en konteks waarbinne dit beweeg en veel meer. Die resultaat daarvan is dat hierdie “brein” dan ingespan word om te verduidelik en te rasionaliseer...

read more

Maandag 11 Oktober Te besig?

Daar is baie dinge om ons wat ons nie sien of hoor nie, doodgewoon omdat ons te min stil staan of stil sit en luister en kyk. Terwyl ek hier laatmiddag sit en skryf het ek skielik bewus geraak van die voëls se luide gesing in die boom voor die venster. Hulle was die...

read more

Verder geluister: Jeremia 31:27-34

God kom elke dag weer met nuwe hoop

Jeremia 31:27-34

Iemand het eenkeer moedeloos gesê:  “Sodra ek uit my foute leer, maak ek nuwes!”

Nou, dit klink nogal droewig. Dink net, al wat nuut is in hierdie man se lewe, is die nuwe foute wat hy maak.  Dis al wat hy het om na uit te sien, om nuwe foute te maak.

En hoe baie van ons voel nie maar ook so nie.  Ons word in die oggend wakker en dan, eerste ding, oorrompel gister se ellendes ons.

In Jeremia 31:27-31 lees ons egter van ‘n nuwe verbond.  Dis iets wat net die teenoorgestelde is van wat die man hierbo so droewig stem.  Dis om in die ellende te wees waarin al ons foute ons gebring het – en dan kom God met iets heeltemal nuut.  Hy nooi ons uit om die gemors waarin ons is – en wat ons self veroorsaak het – agter ons te laat.  En nuut en hoopvol saam met Hom te begin.

read more

Saterdag 9 Oktober Waarheen is jy oppad?

Het vanoggend hier in Bloemfontein by `n ontbyt gepraat en weer oor die gedagtes van Jesse Stoner nagedink. 3 wesenlike vrae wat jy jouself behoort af te vra, vir jouself, jou kerk, jou besigheid, jou organisasie: 1. Wie is jy? Wat is jou wese, jou kernidentiteit en...

read more