{ARGIEF}

Month: May 2012

Junie 2012 – kleingroepmateriaal oor fokustekste

JUNIE 2012 RIGLYNE VIR HUISKERKE EN SELGROEPE MET DIE LEESROOSTERTEKSTE AS FOKUS TRINITEITSONDAG EN DIE WEEK DAARNA 3 Junie Rom.8:12-17 Die Vader, Seun en Heilige Gees kom ook my kleingeloof te hulp! Ysbreker Watter persoon het jou nog altyd goed laat voel oor...

read more

Die Christen en kuns

‘n Refleksie op vryheid en mag

dawidspear

innocent

Ek wonder wat behoort Christene se siening van skilderye soos die kontroversiële Murray skildery van President Zuma te wees? Ek het twee ander kunswerke langs “The Spear” van Brett Murray geplaas wat onderskeidelik ‘n gewaardeerde Bybelfiguur (Dawid – Michelangelo) en ‘n gewraakte Nuwe Testamentiese moordtoneel (The Massacre of Innocents – Cornelis van Haarlem) verbeeld.

 

read more

Boksies

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darem regtig nie soos ‘n dominee nie. Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het.

‘n Mens noem hierdie verwagtings: stereotipes. Prentjies klink egter beter. Boksies selfs nog meer.

read more

Verder geluister: Romeine 8:22-27

Ons diepste Hoop In Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God...

read more

Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13

Sewende Sondag na Pase

Die fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.

Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan een is: Wat gebeur na die dood? Die antwoorde is uiteenlopend van niks tot re-inkarnasie. Ek kan nie onthou dat iemand al min of meer in lyn met ons teks geantwoord het oor die ewige lewe nie. Ek wonder daaroor. Ek vermoed ‘n aantal jare gelede sou minder mense dit waag om in die publiek te verskil van een van die belydenisse van die kerk. Nou blyk dit dat niemand graag met die kerk hieroor wil saamstem nie. Oor die redes kan ons lank spekuleer, maar dit is iets waarvan ons sal moet kennis neem as ons oor die teks preek.

Voeg ons nog v 12 daarby dat die ewige lewe (net) bestem is vir hulle wat die Seun het, kan ons aanvaar dat daar mense sal wees met baie vrae in hulle gemoed hieroor.

read more