{ARGIEF}

Die derde jaargroep wat sedert 2014 met die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing begin het, het pas die derde module, en dus hul eerste jaar in die 3 jaar siklus voltooi. Dit is ‘n ekumeniese groep vir wie die kursus gesamentlik deur Communitas en Ekklesia aangebied word as deel van die VBO-program.
In die loop van die jaar het predikante, pastore en gemeenteleiers van die NG Kerk, Anglikaanse Kerk, Morawiese Kerk, Presbiteriaanse Kerk, Methodiste Kerk en Volkskerk mekaar leer ken en waardeer.
whatsapp-image-2016-09-06-sert-3
 
Wat doen Communitas en Ekklesia?
In ‘n neutedop is Communitas ’n netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en NGK Wes- Kaap wat fokus op o.a. Gemeente-begeleiding, Predikantebegeleiding, Gemeente-ontwikkeling, Familie, Kinder-en Jeugbediening, Voortgesette Bedieningsontwikkeling en Kerklike Opleiding en Navorsing.
Ekklesia is ‘n Ekumeniese sentrum wat fokus op die praktiese bediening van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch. Dis ‘n netwerk sentrum waar die Fakulteit, kerke en ander kerklike instansies bymekaar kom in ‘n “netwerk poel” om saam gekoördineerde dienste aan te bied aan die breë spektrum van kerke se gemeentes en predikante.