Hoekom moet ek gedwing word om ‘n kursus by te woon?
Watse gelol is dit met punte?
Ek is nie elektronies aangelê nie, is dit regtig nodig dat ek so moet sukkel?
Dis van die vrae wat rondom kursusse en die verdien van punte gevra word.
Dit hoef egter nie so ‘n bedreiging te wees nie …
Die besluit
Almal is reeds daarvan bewus dat daar by die Algemene Sinode van 2007 besluit is om “in belang van bedieningsbevoegdheid, voortgesette bedieningsontwikkeling vir huidige predikante verpligtend te maak”, en hierdie besluit is by die sitting van die Wes-Kaapse Sinode ’n paar maande later bekragtig.
My verantwoordelikheid?
Die reëling is dat dominees self met hul selfoon per sms sal registreer. Dan moet jy jou eie profiel aan jou tuisgemeente koppel sodat jy jou punte en profiel via die internet kan administreer.
Heelwat mense is nie baie gelukkig oor hierdie reëling nie – so ‘n taak lê dalk soos ‘n spreekwoordelike berg voor hulle.
MAAR …
Ons besef dat persoon A en persoon B nie ewe bedrewe is met die sg. moderne tegnologie nie – ons almal het immers unieke gawes en talente. Dinge soos rekenaars, i-pads, selfone en die internet is vir een persoon onontbeerlik en ‘n heerlike tool en speelding, terwyl dit vir iemand anders net eenvoudig Grieks en tydmors is!
Nog nie geregistreer nie? Daar’s HOOP!
Kom ons help jou dus om oor hierdie berg te kom.
- Registreer self:
- Registreer met jou selfoon deur die stappe te volg wat hier vir jou verduidelik word.
Kliek hier: Hoe om as CPD Solutions gebruiker te registreer - Die tweede stap is om jou aan jou gemeente te koppel. (Dit word gedoen sodat jou profiel “gehaak” word aan die databasis en jy jou punte op die CPD Solutions se webwerb kan sien.)
Om jou aan jou gemeente te koppel, kliek hier: Om aan ‘n gemeente te koppel - Die derde stap is om na elke kursus jou die puntekode op jou profiel te laai.
Dit doen jy só: Hoe om jou bywoning van ‘n kursus te registreer - Nou is jy in staat om self jou punte-inligting op die webwerf te sien.
Volg net die volgende stappe: Hoe om jou punte op die webwerf na te gaan
- Vra iemand om jou te help
Kopieer die vier registrasiestappe wat hier bo genoem word, en vra iemand wat hou van die tegnologie om jou te help registreer.
- Ons help jou registreer :
Per telefoon: Gebruik ‘n landlyn en skakel Wilma by 021-808 3624, dan begelei ons jou om dit per sms te doen. Terselfdertyd kan ons jou aan jou gemeente koppel en kan jy al jou afgelope kursusse laai.
Persoonlik: Kom maak ‘n draai by Communitas, en drink ‘n koppie koffie terwyl ons jou met jou selfoon registreer en dan per rekenaar aan jou gemeente koppel (en sommer terselfdertyd al die kursusse wat jy reeds gedoen het, se kodes soek en oplaai!)
En siedaar, jy is op die sisteem.
Na elke kursus sms jy net die B-kode wat gegee word na 31029. En onthou, jy kan jy op die internet inlog en sien hoe die stand van jou punte lyk.
Beste vriende
Ek wonder hoe hierdie reeling vir ons sal help wat in die buiteland sendingwerk doen? Ek werk al 23 jaar in die Midde Oosterse kruitvat, alhoewel ek amptelik lid is van NGK Wellington. Dit was nie moontlik om enige van jul kursusse tot dusver by te woon nie, alhoewel ek verskeie kursusse in die buiteland bygewoon het. Enige raad en uitsonderings vir ons sendelinge in die buiteland?
Ds. Hannes van Wijk
hannes@swissmail.org
Met Kruisgewys is dit al moontlik om punte op dié manier te verdien, met die vraelys wat so twee keer ‘n jaar saam met dit verskyn en waarvan die invul daarvan vir jou VBO punte kan verdien. Ons het egter nog nie regtig die aanlyn roete gegaan nie. Miskien roer jy nou iets aan wat ondersoek kan word.