{ARGIEF}

Jesus as King

Wanneer?  28–30 Januarie 2014
Waar: Stellenbosch
Aanbieder: Prof. Marius Nel

Hierdie kursus gaan oor Jesus as Koning – dis ‘n kritiese evaluering van die belang van die werk van NT Wright vir die roeping van die kerk in die 3de millennium.
Die inhoud behels o.a. temas soos 
• Die vraag na die historiese Jesus en die belydenis van die kerk.
• Die opstanding van Jesus – histories én teologiese beskou.
• Hoe God koning geword het (wat is die implikasie van die hemelvaart van Jesus vir die roeping van die kerk?).
• Hoe moet ons die gesag van die Skrif verstaan (om in God se verhaal te leef)?

Wat is die uitkomste van hierdie kursus?

  • Blootstelling aan die navorsing deur een van dié toonaangewendste Nuwe-Testamentici van ons tyd.
  • Die vermoë om genuanseerd en gefundeerd oor die roeping van die kerk te kan nadink vanuit die Nuwe-Testamentiese wetenskap.
  • ‘n Herontdekking van die kern van die kerk se verkondiging.

Boeke aanbeveel – Geskryf deur NT Wright
Jesus and the Victory of God (Christian Origins and the Question of God, Vol. 2). 1997
The Resurrection of the Son of God (Christian Origins and the Question of God, Vol. 3). 2003
Scripture and the Authority of God: How to Read the Bible Today. 2011
How God Became King: The Forgotten Story of the Gospels. 2012
Surprised by Hope: Rethinking Heaven, the Resurrection, and the Mission of the Church. 2008

Kliek hier vir die inskrywingsvormVBO 1 Jesus is King

 LET WEL: Die SPERDATUM is Donderdag 23 Januarie – maak asseblief seker dat jy voor daardie tyd inskryf om ‘n plek te verseker!