{ARGIEF}

Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks:

Praktiese uitleef van geloof

Waar: Communitas, Stellenbosch
Wanneer: 5-7 Februarie 2019
Aanbieder: Nico de Klerk
Die tafel is gedek!
Ons leef in ‘n tyd van groot uitdagings en geleenthede wat opwindend is vir gelowiges. Persoonlike en geloofsgroei is gewaarborg vir die gelowige wat die terrein betree van betrokkenheid in die ontwikkeling van entrepreneurskap.
Dit bring ‘n nabyheid mee aan die praktyk van christen wees: dat mens voel asof jy langs die Here loop. Hierdie geestelike belewenis is ‘n baie groot behoefte by christene van vandag.
Die relevansie van entrepreneurskap, en die gepaardgaande verandering in denke word internasionaal en plaaslik deur leiers op alle fronte beklemtoon. Dit is ook duidelik belyn met Rom 12.
Wêreldwyd, en beslis in Suid-Afrika, het ons ‘n hele aantal grense om oor te steek. Maar gelowiges het ‘n wonderlike venster-periode geleentheid. Die ASM se besluite oor gemeentes se rol tov armoede, werkloosheid en ongelykheid is ‘n uiters nodige en tydige stap vorentoe.
Die vraag is: hoe pro-aktief kan die kerk wees in reaksie? Want nou gaan dit oor die praktiese implikasies.
Om in te skryf, vul hierdie inskrywingsvorm in: VBO-V1- Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks
en epos na Wilma


Klem val in die kursus op die noodsaaklikheid, huidige stand en metodiek van  entrepreneurskap ontwikkeling, as komponent van die kontekstualisering van die kerk. Die aanpassings van ons denk raamwerk (mindset) blyk ‘n hoë prioriteit te wees, nie net betreffende die jeug en werkloses nie maar ook by die wat as gestuurdes hul roeping wil uitleef, dus die kerk ingeheel, asook elke ander segment van die samelewing. Die hervormingsproses van die persoonlike denk raamwerk is ‘n belangrike fokus van die kursus.
Die breë raamwerk lyk as volg:

  1. Teologiese fundering van die kombinasie Missionaliteit en Entrepreneurskap
  2. Entrepreneurskap se huidige stand en toekoms in konteks van die globale konteks, Afrika en Suid-Afrika
  3. Vernuwende denke (mindset) op persoonlike en kerklike vlak in konteks van entrepreneuriese denke ontwikkeling in Suid-Afrika
  4. Geloof in praktyk in die kreatiewe wêreld van entrepreneurskap

Die doel van die kursus is om bedienaars van die Woord toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ‘n leierskap en bestuursrol te vervul in die begeleiding van gelowiges se uitlewing van geloof in die konteks van ons tyd dmv entrepreneurskap denk raamwerk ontwikkeling.