ʼn Eties Relasionele benadering (kontekstueel)
as gerigtheid in huweliks-, gesins- en verhoudingpastoraat
Kom ontdek saam ʼn openbarende aanpak in die pastoraat aan mense… enkel of in verhoudinge
Hierdie kursus is geskoei op die werk van die Hongaarse psigiater Ivan Boszormenyi-Nagy en deelnemers word begelei in die verstaan van die ‘grootboek’ van krediete en debiete en die fyn spel in die dampkring van lojaliteit tussen gee en neem van mekaar. Dit het ten doel die bewusmaking dat elke mens nie uit die lug val nie maar deel is van ʼn netwerk van relasies deur generasies heen in die verlede maar ook generasies wat kom.
- leraars maar ook
- lidmate met ʼn belangstelling in die pastoraat of
- dienswerkers betrokke met pastoraat in gemeentes
Dit is nie net ʼn inleidende kursus in hierdie benadering nie, maar ook ʼn inoefening deur gesprekke en gevallestudies wat deelnemers in staat stel om dit in hul pastorale bediening te benut. Begrippe soos lojaliteit, gesplete lojaliteit, vertroue, betroubaarheid, dialoog, erkenning, skuld, rolerende rekening, eksonorasie en meersydige partydigheid kom in spel. Terwyl ons egter ook in Afrika is met haar filosofie ‘ek is mens deur ander’ kom begrippe soos verbondenheid (connectedness en inter-connectedness) asook gasvryheid en sorgdra ook in spel.
Uitkomste van die kursus:
-
- ʼn verstaan van ‘konteks’ as familie en gemeenskapsnet
- wat lojaliteit beteken en die dinamika en invloed daarvan in verhoudinge
- insig te hê in die dialogiese perspektief in verhoudinge
- om te onderskei tussen ‘etiek’ as eksistensieel en nie as moraliteit nie
- om ʼn destruktiewe nalatenskap om te draai tot konstruktiewe nalatenskap
- om hierdie benadering te ontdek as hoop- en hulpvol in die pastoraat
- ʼn vaardigheid om met hierdie benadering om te gaan in die pastoraat.
en epos dit na Wilma