{ARGIEF}

Uitreik

of

Inreik?

Hierdie voldag VBO-kursus/werkswinkel het ten doel om kursusgangers sensitief te maak vir die onbeplande gevolge van uitreike. Navorsing wys onder andere dat veral kinders negatief beïnvloed word nadat ʼn gemeente ʼn naweek of week uitreik in hulle gemeenskap kom doen het.
Die NG Kerk doen tans navorsing om ʼn nuwe manier van uitreik te ontwerp en te toets. Hierdie nuwe metodiek word Inreik genoem.
Inreik is ontwerp om die missionêre roeping van die plaaslike gemeente aan te wakker sonder om skade aan gemeenskappe aan te bring.
Aanbieders: Jaco Botha / Kobus Odendaal
Datum: 12 – 14 Maart by Communitas, Noordwal-Wes 1, Stellenbosch
Wie moet dit bywoon?

  • Dominees
  • Getuienis bediening/ kommissie voorsitters
  • Lidmate met ʼn hart vir uitreike
  • Uitreik leiers
  • Jeug leiers

Wat gaan ek leer?

  • Die metodiek van Inreik
  • Hoe om ʼn Inreik te ontwerp
  • Om sensitief te wees vir die plaaslike konteks
  • Om die regte houding te hê as ek na mense gaan
  • Om te weet hoe ek mense voor die tyd moet voorberei
  • Om te weet hoe ek mense na die tyd ontvang “debrief”

………..  voor of op 6 Maart