{ARGIEF}

Nuwe en Geïntegreerde

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

ʼn Gesamentlike projek van die drie VBO-sentra

 Communitas Logo  Excelsus logo  Logo Shepherd

                                               

Ons begin in 2015 met ʼn nuwe, tweede groep wat die gevorderde Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing gaan deurloop!  
Ons nooi leraars wat 5 jaar of langer in die bediening is om saam te kom dink oor hoe ons ons bediening sinvol en verantwoordelik kan inrig.  
Die eerste groep van 35 leraars het vanjaar die eerste drie modules voltooi en ons kry baie positiewe terugvoer.
Maar wat behels hierdie sertifikaat?

Die bedoeling van die Geintegreerde Sertifikaatkursus is om leraars wat al `n rukkie in die bediening is op ʼn dieper en grondiger vlak te geheroriënteer t.o.v. hulle bediening.

  • Die kursus word dus in ʼn formaat van nege blokke (van 3–4 dae) oor die loop van drie jaar gedoen.
  • Dit wil inklusief werk deur teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit te bevorder
  • Die kursus gee nuwe insigte, maar is ook baie prakties en help mense om innoverend te werk.
  • Die struktuur van die M Th kursus word as ʼn vertrekpunt geneem, maar ʼn belangrike verskil is dat daar geen skripsie geskryf word nie.
  • Om kursusgangers dieper aan die dink en werk te kry word o.a.  ʼn joernaal gebruik.

 

Die datums vir die nuwe groep van 2015 is die volgende:

Blok 1 Om die Tye en Geleenthede te Verstaan 17-19 Feb
Blok 2 Gemeentelike Ekklesiologie 21-23 Apr
Blok 3 DIE TRINITEIT-Die Wonderlike, Vreemde God in Wie Christene Glo 1-3 Sep


Vir meer inligting oor elke blok, gaan lees gerus hier: VBO-Boekie

Hier is Kommentaar van kursusgangers uit die 2014-groep (wat komende jaar met blokke 4-6 besig sal wees):

  • Die sertifikaat-kursus kom regtig tot my redding wat ʼn paar aspekte van my (een-man)bediening behels: Ons is ʼn groep leraars, van uiteenlopende kontekste, wat saam vir drie jaar op reis is. Ons reis nie net in saam deel, worstel, vier en groei nie. Die tafel word elke keer heerlik gedek met uitgesoekte bestanddele van die mees relevante teologiese werke vir ons tyd. Dit is … ʼn  skeppende proses waarin ons saam groei … hierdie sistematiese bedieningsrelevante reis (is) inderdaad ʼn  pelgrimstog soos Eugene Peterson se “A long obedience in the same direction.” Ek kan nie wag om te sien wat met ons om die volgende draai gaan gebeur nie.
  • Die drie blokke het vir my as mens persoonlik en as predikant baie beteken.  Uiteindelik is van dié kennis ook met gemeenteleiers bespreek en begin implementeer vir die gemeente se rol en taak as gestuurde geloofsgemeenskap… Nuwe paradigma en waagmoed is sleutelwoorde! … Als in als – ʼn uiters stimulerende kursus!
  • Vir ‘n ouer predikant met 30 diensjare is hierdie kursus ‘n wonderlike inspirering. Dit gee nuwe energie vir die bediening en beteken baie vir jou persoonlike verhouding met die Drie-enige God. Dit is ook verfrissend om van die nuwere dosente by die kweekskool te leer ken! Die saamwees met kollegas wat dit ernstig bedoel met hulle bediening, is die kersie op die koek.
  • Die kursus is ‘n vars nuwe briesie gevul met ou waarhede verpak in opwindende nuwe taal. Die saam-gesels met kollegas wat leef met dieselfde vrae en soeke oor elke dag se gemeente-wees is hoopgewend en so nodig. Die “herleef” van die drie-enige God is die “ultimate” en die terugploeg daarvan in elke gesprek, preek en bybelstudie word ontvang met ‘n ongekende dors. Voorwaar vir my ‘n voorreg – baie dankie. Dalk ‘n “wenk” vir voornemende studente – vat ‘n ekstra dag verlof by die kursus om die dag na die kursus êrens te gaan “herkou” oor alles wat jy ontvang het .. sodat dit kan insink en deel kan word van jou menswees.
Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm vir JAARGROEP 1 (Blokke 1-3):VBO S1-3 Gevorderde Sertifikaat Jaar 1
Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm vir JAARGROEP 2 (Blokke 4-6):VBO S4-6 Gevorderde Sertifikaat Jaar 2
of kontak Wilma