{ARGIEF}

Elke kind het die reg op die beste moontlike begin in die lewe…

Navorsing het bewys dat die vroeë kinderjare die kritiese periode is vir die kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat dan die grondslag vorm vir die kind in sy jeug en latere volwasse lewe. Om kinders met sosiale, emosionele en taalvaardighede toe te rus wanneer hulle nog jonk is, help hulle om uitdagings en stres later beter te hanteer.
Vanaf geboorte tot en met die ouderdom van 7jaar is dit die periode van vinnige ontwikkeling op fisiese, geestelike, verstandelike, emosionele en morele gebied. Die vroeë jare in ‘n kind se lewe is die tyd wanneer hy begrippe, vaardighede en houdings aanleer wat die grondslag lewer vir lewenslange groei en ontwikkeling.

Diaconia in samewerking met Communitas (Sean Esterhuizen en Nioma Venter) bied op 15 – 17 April 2019 ‘n kursus aan in Vroeëkindontwikkeling – juis as ‘n missionale geleentheid om armoede in ons gemeenskappe aan te spreek.

  • Jy sal blootgestel word aan belangrike kennis en insigte rondom Vroeë Kind Ontwikkeling,
  • jy sal geleentheid kry om goeie implementerings idees te ontwikkel oor wat om te doen rondom Vroeë Kind Ontwikkeling in jou gemeente en omgewing,
  • plus jy sal blootgestel word aan ʼn uitstekende beplannings en implementerings metodiek, naamlik Ontwerp Denke wat jy met groot vrug in die bediening sal kan toepas.

Bring gerus lidmate saam om die kursus saam met jou te deurloop.
Die kursus sal definitiewe missionale bewegings en gewoontes uitwys, maar veral op praktiese implementeringsvoorstelle vir gemeentes en gemeenskappe fokus.

Vir’n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO-V11-Vroeëkind-ontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek
Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma