{ARGIEF}

samesex2

Konferensie oor Selfdegeslagverbintenisse

SAME-SEX-jpg

Die Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele het op 12 November ‘n eendag-konferensie oor Selfdegeslag-verbintenisse aangebied in die Attie van Wyk Ouditorium van die Fakulteit Teologie.
Die onderwerp is vanuit verskeie dissiplines toegelig: Ou Testament, Nuwe Testament, Dogmatiek, Ekklesiologie, Kerkreg, Genetika en Regte.
Proff Louis Jonker, Jeremy Punt, Robert Vosloo, Johan van der Merwe, Geo Quinot en dr Coenie Burger het as sprekers opgetree. Heerden van Niekerk (voorsitter STLAS) en STLAS-lede Nadia Marais, Guillaume Smit en Tiana Bosman het as roterende kontinuïteitsbeamptes opgetree en die sprekers beurtelings bekendgestel.
Nadat elke spreker sy perspektief gegee het, het ‘n paneel, bestaande uit dr Erik Basson, prof Julie Claassens en dr Leon Fouché dit verder bespreek. Hierna was daar ‘n algemene bespreking waar konferensiegangers ruim kans gehad het om vrae te vra en hul menings te lug.
Dr Coenie Burger het afgesluit deur te praat oor die vraag of ons die gesprek en die verskille oor selfdegeslagverbintenisse in een kerk sal kan hanteer. Hy sê dat die uitdaging wat die NG Kerk het, is “om alles in ons vermoë te doen om hierdie debat in een kerk te bly voer op ʼn manier wat waardig is aan die evangelie van Christus.  En kan ek sê: Ek dink dit is moontlik; dit moet moontlik wees.”
Die hele konferensie was as ‘n direkte internetuitsending (live streaming) op die lug, en verskeie persone so ver as  die Oos-Kaap, Gauteng en selfs Japan het laat weet dat hulle ingeskakel was. Dit was ‘n wonderlike IT-eerste! Sommige van die videogrepe is reeds op die internet beskikbaar en op Facebook gedeel, maar die volledige skakels na die videogrepe op Youtube sal eersdaags hier beskikbaar wees: …………………………………………….
Opsommings van die verskillende sprekers se toesprake is hier beskikbaar: Konferensie oor selfdegeslagverhoudings_NM
Hier is enkele fotos wat tydens die dag geneem is deur verskeie kursusgangers:
[widgetkit id=189681]