{ARGIEF}

Nuwe lys vir verdien van VBO-krediete

 
  • Woon jy ver van Stellenbosch?
  • Is jy alleen in ‘n gemeente?
  • Is jy sommer moedeloos en kwaad oor jy moet VBO-punte verdien en daar is nie tyd om so lank weg te wees nie?

In die afgelope paar maande het die VBO-kantoor koppe bymekaargesit om nuut te dink oor maniere om VBO-punte te verdien. Die uiteinde was die lys wat hier onder beskikbaar is, en wat in Maart deur die VBO-Forum goedgekeur is.

 

  • Ons het die lys uitgebrei sodat daar verskeie kursusse en metodieke is waarop jy aan jou voortgesette leer kan werk;
  • ons het gediversifiseer om ruimte te skep dat jy nie net op akademiese vlak nie, maar ook wat betref nuwe ‘skills’-aanleer en inbou in jou liggaamlike gesondheid krediete kan verdien – ‘n werklike liggaam-, siel- en gees opbouproses.
  • Neem in ag dat dit net vereis dat jy ten minste een ‘akademiese’ kursus ook moet bywoon om jou jaarlikse vereiste punte mee op te bou.

(LW die kursus(se) kan in jou eie of ‘n nabygeleë ring ook wees – onthou ons probeer al hoe meer kursusse na ringe neem op die ring se aanvraag)

Vir die nuwe lys, kliek hier: Verwerwing van VBO-Krediete Maart 2018