{ARGIEF}

Month: January 2010

OUERS VERTEL HOE HULLE NA KINDERS LUISTER

Ons kyk na die pad om te volg as ons waardes wil vestig:

Doeltreffende kommunikasie → positiewe verhoudings → Veilige ruimte vir vestiging van waardes

Kinders se grootste klagte oor ouers is: “Hulle luister nie na wat ons sê nie”. Ouers se reaksie:Dit is nie waar nie”. Om ons einddoel te bereik, begin ons dus heel voor,  by kommunikasie. Klaarblyklik is ouers van mening dat hulle wel luister, terwyl hulle kinders dit anders beleef.  Wat kan ouers doen om hulle kinders te oortuig dat hulle luister?

Hier volg wenke van ‘n aantal ouers:

read more

En toe kom die jong mense…

Oppad kerk toe vanoggend wonder ek vir 'n oomblik of die Laerskool se koor gaan sing, dit is net kinders waar jy kyk. Voor my in die paadjie sit 'n jong paartjie met 'n "carry-cot" wat in die paadjie geparkeer is- later merk ek nog een op- geen moederskamer vir hulle...

read more

Skryf ‘n blog met skakels

Dit bly van die gewildste maniere om ‘n post te skrywe, om ‘n lysie met skakels te gee.  Die voordele daarvan is: Dit kan vinnig gescan word. Dit dwing jou om korter en duideliker te skrywe. Dit lyk netjies. Dit kan redelik omvattend wees oor ‘n saak of onderwerp. Dit...

read more

Ontwikkel ‘n dagboek-ritme vir posting

Besluit hoeveel keer jy ‘n week/maand gaan skrywe. Maak ‘n lys van die 10 posts in ‘n Spreadsheet met ‘n sin of twee wat die strekking daarvan gaan wees. Dagboek die datums en tye wat jy dit gaan doen. Verdere Leeswerk: Editorial Calendars and Professional Blogging...

read more

Dinkskrum 10 idees vir posts

Die doel is om aan te sluit by wat jy reeds doen, maar nuwe moontlikhede te genereer: Kyk na jou laaste 5 posts en skryf elkeen se titel neer in die middel van ‘n bladsy (5 bladsye). Dink aan ‘n paar maniere waarop jy elkeen van dié posts kan uitbrei en skryf dit...

read more

Analiseer jou eie blog se statistiek

Gebruik Joomla! se Article Manager en kyk na die 10 posts van jou wat die meeste gelees is. Wat leer jy daaruit?  Dink na oor die volgende vrae: Waaroor het jy geskryf? Waaroor het jy nie geskryf nie? Hoe gereeld skryf jy? Wat is jou teikengehoor? Wat is die styl...

read more

Leer by ander blogs

Blaai deur die top blogs vir idees: http://technorati.com/blogs/top100.
  • Mashable: The Social Media Guide (http://mashable.com/) is nommer 6 op die lys (26 Des 09) en ‘n gunsteling van my. 

Kyk na die volgende:

  • Waaroor skryf hulle?
  • Waaroor skryf hulle nie?
  • Hoe gereeld skryf hulle?
  • Wat is hulle teikengehoor?
  • Wat is die styl waarin hulle skrywe?
  • Hoe lyk die bladuitleg en ontwerp?
  • Waarop reageer mense op hulle blogs?
  • Watter vrae vra mense in hulle kommentaar?
  • Watter kritiek het mense in hulle kommentaar?
  • Kyk na hulle statistiek by http://www.alexa.com/
read more

Fokus jou blog!

‘n Blog (verkorting van web log) is ‘n webtuiste wat op gereelde interaksie met lesers fokus.  Dit het posts en kommentaar wat gewoonlik in ‘n omgekeerde datum kronologie geplaas word, met ‘n wye reeks  skakels na ander relevante inligting wat met die blog se fokus...

read more

VRYLATING, GENADE EN GEREGTIGHEID

Die prominensie wat die moontlike vrylating van Eugene de Kock en Shabir Shaik die afgelope tyd in die media verkry het, is verstaanbaar. Diep en rou emosies is in die proses blootgelê. Intuïtiewelik voel `n mens aan dat hier veel meer op die spel is as maar net die...

read more

Verhoudings maak waardes moontlik in families

Frederick Marais vertel in die boekie “Familie is ‘n Werkwoord”  hoe hy as jong predikant gedink het hy het ‘n roeping om gesinne te leer om weg te doen met die stelsel waar pa en ma die gesag is wat die besluite namens die gesin neem, en dit kinders se taak is om gehoorsaam te wees. In plek daarvan sou hy hulle leer om  as gesin ‘n deelnemende benadering te hê. Hy het gedink hy sou gesinne kon leer dat as pa, ma en kinders  saam besluite neem,  dit met hulle goed sal gaan. Vrugtelose gesprek ná vrugtelose gesprek het hom aan die dink gesit. Hy het agtergekom dat hy nie op die regte spoor was nie, maar waarin die antwoord lê, kon hy nie uitmaak nie. Op ‘n dag het die lig deurgebreek en hy het vir homself gesê: “Jou “stupid”!, die antwoord lê opgesluit in verhoudings. Waar daar gesonde verhoudings tussen ouers en kinders is, sal dit vir hulle moontlik wees om saam besluite te neem en sal dit moontlik wees om waardes te vestig. Dit bring ons weer waar ons verlede week afgesluit het: Die waarheid is dat jy nie jou kind of enigiemand anders op enige manier kan beïnvloed om op ‘n verantwoordelike manier sekere waardes te beoefen as julle nie ‘n positiewe verhouding het nie. Stephen Covey skryf in sy boek “7 Habits of Highly Effective Families” die volgende: “One of the biggest mistakes people make is trying to teach (or influence or warn or discipline) before they have the relationship to sustain it”.

As goeie verhoudings ‘n voorvereiste is vir die oordra van waardes, wat doen ons om daarby uit te kom? Die slegte nuus is dat daar nie ‘n kortpad is nie. Die goeie nuus is dat dit vir almal van ons is moontlik is. Bygesê, dit is harde werk. Dit sal boonop soms nodig wees dat ons van ou, gevestigde sienings afstand doen, om nuwe gesindhede en vaardighede te ontwikkel.

read more