{ARGIEF}

Month: August 2010

Verder Geluister: Lukas 14:1; 7-14 (11)

29ste Sondag in Koninkrykstyd ~ 29 Agustus 2010: Lukas 14:1; 7-14 (11) 

Jy is nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie …

Ons kry by God waardigheid nie op grond van ons posisie en status in die samelewing nie. Hierdie God waardigheid sien ander in ons lewenswyse, in ons goedaardigheid. Jy is rêrig nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie. Petrus  skryf “God is teen die wat te veel van hulleself dink…”. (1 Petrus 5:5)  CS Lewis sê weer: “As jy hoogmoedig is, kan jy God nie ken nie. Mense wat afkyk, kan nie sien wat bo hulle aangaan nie”. 

Daarom sien die navolgers van Jesus nie neer op diegene sonder aansien nie, maar sien na hulle om. Die mense anderkant van die spoor word nie net raakgesien nie, hulle waardigheid word erken. Ek lees op die blog Bek uitspoel die volgende:

Anderkant van die spoor…

read more

Swartberg Indaba fotobeeld

Swartberg Indaba het 80 gemeenteleiers saamgetrek wat in die pragtige Schoemanshoek vallei 'n wonderlike 2 dae van praat, bid, lees, eet, lag en moedskep gehad het. Foto's van die Indaba kan hier besigtig word: {gallery}swartberg2010{/gallery}

read more

Swartberg Indaba gee Energie en Hoop

Die Swartberg Indaba het hierdie week in Oudtshoorn by die Kanogvallei gemeente plaasgevind. Meer as 80 gemeenteleiers het dit bygewoon en die algemen gevoel was dat die Swartberg Indaba weer sal plaasgevind.  Die voorleggings sal binnekort gelaai word.     Die...

read more

Verder Geluister: Jesaja 58:9b-14 ~ Waardes hou belofte in

22 Augustus 2010 ~ Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd: Jesaja 58:9b-14 ~ Waardes hou belofte in

Iemand het eenkeer gesê:  We do not see things as they are: we see them as we are.

En dis hoekom ons Jesaja 58:9b-14 kan lees, en nie kan hou waarvan ons lees nie. Ons lees daar dat God vir ons sê ons moet dit en dat doen, en dan sal Hy vir ons dit en die ander doen.

En ons hou nie daarvan nie. En tereg ook. Want dit klink vir ons ‘n bietjie Middeleeus. Dit klink soos daardie tye voor die Reformasie toe die Roomse Kerk vir mense gesê het hulle moet betaal om in die hemel te kom. Gelukkig is die Roomse Kerk lankal nie meer so nie, maar dit het ‘n Martin Luther gevat om vir ons te sê:  Maar God se genade is genoeg. En verniet. Ons hoef, ons mag, dit nie probeer verdien nie.

read more

‘n Ander kykie in die wêreld

’n Paar waarnemings en ervarings van iemand wat verhuis het na Engeland. Dit is persoonlik gekleur. Daarom bied ek dit aan met verhale waarvan ek deel is. Daar is talle raakpunte aan die SA konteks en dus is dit nie sodanig nuut nie. Maar die ervaring is vir my nuut...

read more

Leer my terwyl terwyl ek jou bystaan

Ek is tans ’n gemeenskapswerker in ’n span wat langtermyn ernstig siek geestesiek persone bystaan en help om uit die hospitaal te bly.  Een van die doelwitte van die span is om die persone se sterk punte te ontwikkel en so by te dra tot ’n betekenisvolle bestaan....

read more

Geloof is baie privaat en tog wil ek daaroor praat …

Geloof is privaat. Dis myne en ek deel dit nie met ander. Die algemene indruk is “Ek praat nie graag daaroor nie …” Hang dit saam met die Engelse se fokus op die individu, menseregte, ruimte vir ander, nie aanstoot gee nie, of gewoon onsekerheid? As gemeenskapwerker...

read more