{ARGIEF}

Month: August 2010

Vrydag 13 Augustus Om die regte brander te ry

Ek weet nie hoe baie branderplankryers die rubriek lees nie. Dalk maar min. Tog sal die meeste lesers waarskynlik verstaan as ek sê dat, om op ’n helder sonskyn dag, langs die gladde wand van ’n reuse brander af te gly, waarskynlik van die wonderlikste sensasies is...

read more

Verder Geluister: Die Here sing ‘n lied ~ Jesaja 5:1-7

15 Augustus 2010 ~ Elfde Sondag in Koninkrykstyd: Die Here sing ‘n lied ~ Jesaja 5:1-7

Dis nou al ‘n hele ruk dat ek iets agterkom. Ek kom agter die leier-ouderling in ons gemeente wil hê ek moet die mense aanspreek. Hy wil hê ek moet hulle ‘n bietjie uittrap, regtik na die nou weg. Ek praat nou van die gemeente in Sakhelwe, Dullstroom, waar ek die predikant is. En waar ek baie lief is vir die leierouderling, en altyd sy aanvoeling oor dinge aanvaar.

Hy geniet beleefd my preke waarin ek die mense bemoedig en aanspoor, en vir hulle vertel hulle het waarde in God se oë en dat God aan hulle kant is, voel ek aan. Maar dit het ook tyd geword dat ek die gemeente ‘n bietjie oor hulle sondes aanspreek. Dit is wat die leierouderling wil hê, voel ek nou aan.

Dis dié dat ek toe besluit om verlede Sondag oor Jesaja 5:1-7 te preek. Ek gaan ‘n lied preek, die Lied van die Wingerd, soos dit bekend staan.
Ek beduie vir die gemeente waar hulle op verslete bankies in ‘n lekkende hard-board-geboutjie sit, dat die Here nie net altyd met ‘n mens praat nie. Partykeer sing Hy vir jou.

Die gemeente is nou die ene ore, want hulle weet van sing. Hulle kán sing.

read more

Maandag 9 Augustus. Ook Christene maak foute

Christene maak foute. Christene is nie beter as ander mense nie en maak daarom soms groot foute. As jy my sou vra wat ek meen `n groot verskil tussen christene en nie-gelowiges behoort te wees, dan is dit nie dat hulle noodwendig beter of vromer as ander is nie, maar...

read more

Donderdag 5 Augustus Diversiteit?

Matt. 16:15: “’Maar julle’, het Hy gevra, ‘wie sê julle is Ek?’” Een van die groot buzz-woorde wat deesdae die rondte doen, is die woord diversiteit. Nie net in die kerk nie, maar ook in die sakewêreld worstel leierskap met die werklikheid dat groepe nie meer homogeen...

read more

Verder Geluister: Jesaja 1:1,10-20

8 Augustus: Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jesaja 1:1,10-20

Christene gebruik die woord genade so baie (geïmpliseer in 1:18). Wanneer ons bid sluit ons gewoonlik af met: “Ons vra dit nie uit verdienste nie, maar slegs uit genade”. As ons amper in ‘n ongeluk was, maar niks oorgekom het nie, sê ons feitlik sonder uitsondering: “Sjoe, dit was net genade”. As ons een of ander vorm van geluk ervaar, sê ons: “Genadiglik het dit vir ons goed uitgewerk!”. Ons preek: “Alles wat ons ís en het, is net genade!” en ons word groot met: “Ons word uit genade alleen gered.”

Op só baie maniere gebruik ons die woord genade. Selfs die kleinste kinders ken die woord. Ons vertel hulle van jongs af dat die God van die Bybel is ‘n God van genade. Maar weet ons nog wat hierdie woord regtig beteken?

Ferdinand Deist skryf iewers: “Die woord genade het verslyt geraak.” Kan dit wees? 

read more

Sondag 1 Aug Om as Christen te bedank?

In vandag se koerant was daar `n groot berig oor Anne Rice wat “as Christen bedank” Die berig het my aan die dink gesit. • Verstaan mense regtig wat geloof is? Dit is beslis nie iets wat jy uit eie mag of krag regkry nie. Dit is `n genadegawe van God. Dit is `n...

read more