{ARGIEF}

Preekstudies

Verder Geluister: Gen 28:10-19a

Sondag 17 Julie 2011 ~ Vierde Sondag in Koninkrykstyd: Gen 28:10-19a Ons fokusteks is ryk aan inhoud. Dit het vele kante wat relevant is vir die konteks waarin ons vandag in Suid-Afrika leef. Van hierdie talle perspektiewe is daar drie gedagtes wat ek hier wil deel....

read more

Suid-Afrika en Afrika se toekoms lê in harde werk, kreatiwiteit, kennis en deursigtigheid.

Onafhanklikheid regdeur Afrika het nie naastenby dieselfde ekonomiese transformasie soos in Asië gebring nie. In die meeste gevalle het dit ekonomiese ongelykhede, soos wat dit in die koloniale tyd aanwesig was, verskans en eintlik verder verdiep. Die swart elite het gewoon die koloniale elite vervang. Die een het maar net vir die ander plek gemaak – maar uitbuiting van die swart massas, asook Afrika se ryk hulpbronne soos goud, koper, yster, olie, hout, koffie, ens. het voortgegaan.

50 jaar na onafhanklikheid het Afrika ver op die ontwikkelingskaal geval, en kundiges verwys na ons as die “Bottom Billion” wat alleenlik uit hierdie donker gat, wat ons vir onsself gegrawe het, gaan uitkom met die hulp van die res van die wêreld.

Wat het verkeerd gegaan?

Wel, sonder huiwering kan ‘n mens sê dit het te doen met wanbestuur en uitbuiting deur Afrika se politieke elite vanuit die sterk en feitlik onaantasbare posisies waarin hulle hul bevind. Die Wêreldbank asook die IMF se stastitieke wys jaarliks daarop dat sub-Sahara Afrika se lewenstandaard val – dat die armes armer word!

read more

Verder geluister Gen 25: 19-34

Interessant dat die perikoop begin met: “Hier volg besonderhede oor Isak, seun van Abraham” en eindig met “Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene”.

Kom ons begin met Esau

Hoe gebeur dit dat ‘n mens kan toelaat dat die genieting van ‘n oomblik jou hele lewe kan weggooi – by wyse van spreke? Dat jy soos Esau so blasé kan raak oor iets so belangrik?

Of dit seks is, of geld, of mag of honger of woede of wat ook al, jy laat willens en wetens toe dat daardie behoefte jou vir die oomblik verblind. Die ‘willens en wetens’ het natuuurlik ook ander name soos ontkenning – wat jou die gevare en gevolge van die versoeking mis laat kyk. Of minimalisering – wat die rooilig hoogstens oranje laat skyn. Of soos in die geval van Esau, rasionalisering – dit is tog in elk geval van verbygaande aard.

read more

Verder geluister: Sagaria 9:9-10 – Vorstelike Nederigheid

Sagaria 9:9-10

Nou die dag kuier mevrou Obama, die eerste vrou van Amerika, hier in Suid-Afrika. Sy sê toe iets soos “If you strive for greatness, surround you with people of greatness”.

My eerste reaksie was, sjoe, die Amerikaners kan darem in groot woorde met mekaar (en nou met ons ook) praat. Vir ‘n Amerikaner moet jy altyd groter, beter en ryker as iemand anders wees om te kan sê jy is ‘n sukses.

read more

Genadedood: moord of liefde?

Ek lees verlede Sondag weer die verhaal van prof Sean Davison en hoe hy sy ma (85) – ‘n psigiater van beroep en woonagtig in Nieu-Seeland – aktief help sterf het. Die opskrif lui: “Liefde tot die dood toe”.

“Wat doen jy as jy dag ná dag moet toekyk hoe jou ma voor jou oë met groot lyding wegkwyn? As sy vir 35 dae op ‘n hongerstaking gaan om te probeer sterf? As sy jou smeek om haar tot oor die drumpel te help?

read more

Verder geluister: Numeri 11:24-30 – Pinkster met Moses en Zuma

Oor geloof en selfbeperking; mag en beheer

Moses was volgens die Ou-Testament die grootste profeet ooit (Deut. 34:10). Hy het immers met God direk gepraat en hy het nie net vir die volk ingetree nie, maar hy was ook bereid om in hulle plek te sterf. Hy kom in die teksgedeelte agter as God se Gees aan die beweeg is, verdwyn die behoefte aan mag en beheer (vers 29). Moses is bewus van sy beperkinge en voel nie daardeur bedreig nie …

Wanneer gelowiges deur die Gees gedryf word, erken hul hul beperkinge en pas hul selfbeperking toe. Dit gaan daarom in geloof nie oor mag en beheer nie. God as Skepper se mag lê nie in die grootheid nie, maar in die kreatiwiteit. “Kreatiewe mag hou dissipline en selfbeperking aan die kant van die Skepper in, soos ‘n dramaturg wat toelaat dat sy of haar karakters in die drama hul eie karakters ontwikkel” (Migliore in the Power of God, 1983). In Jesus Christus ken ons God as medelydende mag. Dit is die mag van lydingsliefde. (Migliore). Deur die mag van die Heilige Gees, die gewer van nuwe lewe, verander ons na die beeld van ons Skepper en Verlosser (Migliore).

read more