{ARGIEF}

Preekstudies

Verder Geluister: Matt 3:13 – 4:2

Matt 3:13- 4:2 Dit is my geliefde Seun.  Oor Hom verheug Ek My. Wat ‘n wonderlike oomblik! Wat ‘n heilige oomblik! God se woorde en die Gees ‘sak toe’ op Jesus en bevestig Hom as die Seun van God. In my geestesoog sien ek hoe vir ‘n oomblik (‘n 1000 jaar/vir ewig)...

read more

Verder Geluister: Mat 12;38-40

Sondag 11 September 2011 ~ 12de SONDAG SEISOEN VAN DIE SKEPPING: MAT 12:38-40 Miskien kan ʼn  opskrif vir ʼn  preek oor die gedeelte wees:  Wat is jou agenda?Dit het my baie gehelp om Mat 12 in sy geheel ʼn  paar keer te lees. Die verband tussen die oorhoofse tema:...

read more

Verder geluister: Joh 3: 1-16

By ‘n onlangse konferensie in Berlyn het Ian Nell en Johan Cilliers saam ‘n “paper” aangebied oor sosiale en religieuse ontwikkelinge in SA. Ian het ‘n breër oorsig gegee deur te kyk na die sogenaamde “reconciliation barometer” van die “Institute for Justice and Reconciliation” en “transformation audit”. In die tweede deel van die artikel (wat hierby aangeheg word) gee Johan ‘n baie insiggewende analise van die NG Kerk as ‘n “case in point”.

 Ian is van oordeel dat Johan se analise op al die gevare dui van ‘n “eng verstaan” van Joh 3:16. Hy dink agter Nikodemus se verhaal sit hierdie selfde “enklawe mentaliteit” en voordat ons nie daarin gaan slaag om hierdie mentaliteit te deurbreek nie, gaan ons sukkel om veral Joh 3:16 geloofwaardig vóór te leef!

(Daar is twee vorige Leesrooster riglyne: Johannes 03_1-17.doc en Johannes 03_1-17.htm - Kyk ook na die Seisoen van Luister PP 2003)

 SEEKING A SAFE HAVEN

The Dutch Reformed Church: a case in point

read more

Mode! Mode! Mode!

In SA is daar meer as 10 miljoen jongmense in die ouderdomsgroep 10-19 jaar. En dít is natuurlik ‘n uiters voordelige en winsgewende mark vir die mode industrie om op in te speel en verhoudings mee te bou.

13-15 jariges in ons land spandeer ‘n gemiddeld van R318.09 van hul eie geld op klere elke maand. En hiermee saam beweer ma’s dat húlle 80% van die kinders in hierdie ouderdomsgroep se klere koop. Dít bevestig net hoeveel geld in huishoudings maandeliks aan klere op tieners spandeer word!

read more

Verder geluister: Jes. 56: 1, 6 – 8

Die preekstudie van Lisel Joubert oor Jes 56 is baie goed. Dit help die prediker op ’n besondere manier om na te dink oor uitsluiting, insluiting en transformasie.

Dít is die goue draad wat deur hierdie gedeelte loop. God openbaar Homself as die God wat ruimte skep vir die ander, wat versamel en (selfs) byvoeg by die wat reeds bymekaar gemaak is. Hiertoe word die Israelitiese volk opgeroep. Om die vreemdeling te ontvang, tuis te maak, te verwelkom en deel te laat voel. Die gedagte oor die verwelkoming en die betoon van gasvryheid aan die vreemdeling, word deur Robert Vosloo in sy boek, Engele as Gaste, belig. Volgens hom was daar verskillende terme om uitdrukking aan ‘n vreemde te gee. Hy praat van ger, iemand wat ’n ander samelewing verlaat het en ’n tyd lank in Israel gebly het en wat geregtig was op beskerming. Dan praat hy van nochri; iemand wat ’n ger was, maar wat op ’n afstand gebly het en hul andersheid wou behou het. Hy is ook beter bekend as die buitestaander. Die derde groep van vreemdelinge is die zar, ’n Jood wat buite die tempel gebly het. Hulle was eintlik vreemdelinge van hul eie identiteite. Hulle word ook beskryf as vyandige vreemdelinge en daarom was die zar ’n bedreiging.

read more

Die “tweede sondeval” van die Christendom

Terwyl dr Allan Boesak met ons Morele Oriëntering Studiegroep praat oor sy werk by die Instituut vir Ras, Versoening en Geregtigheid (UV) asook oor sekere brandende kwessies in Suid-Afrika waaraan ons dringend aandag sal moet gee, dwaal my gedagtes na ‘n ander gesprek wat ons so ‘n jaar of twee gelede gehad het.

Ons het mekaar onverwags raakgeloop en aan die gesels geraak oor hoe ons die Bybel behoort te lees. Hy het begin vertel hoe die Bybel eintlik geskryf is vanuit die oogpunt van die magtiges. ‘n “Royal theology” ter regverdiging van die optrede van diegene met mag. So hier en daar, soos byvoorbeeld by die profete, word ander geluide gehoor, maar die een sterk lyn in die Bybel kom van die maghebber.

read more

Verder geluister: Gen 32:22-32

Sewende Sondag in Koninkrykstyd 31 Julie 2011

Dit het my die week opgeval hoeveel van die gebeure in die nuus te make het met vrees. Die mees dramatiese daarvan is die massamoord wat in Noorweë plaasgevind het toe ‘n man na bewering byna ‘n 100 mense vermoor het, omdat hy bang is vir die Moslem oorheersing van Europa. Hy dring daarop aan dat sy verhoor openbaar sal wees en dat hy ‘n uniform mag dra tydens die verhoor. Duidelik dat hy openbare aandag wil vestig op die saak van Moslem oorheersing.
read more