{ARGIEF}

Verder geluister

Verder geluister: Jes. 56: 1, 6 – 8

Die preekstudie van Lisel Joubert oor Jes 56 is baie goed. Dit help die prediker op ’n besondere manier om na te dink oor uitsluiting, insluiting en transformasie.

Dít is die goue draad wat deur hierdie gedeelte loop. God openbaar Homself as die God wat ruimte skep vir die ander, wat versamel en (selfs) byvoeg by die wat reeds bymekaar gemaak is. Hiertoe word die Israelitiese volk opgeroep. Om die vreemdeling te ontvang, tuis te maak, te verwelkom en deel te laat voel. Die gedagte oor die verwelkoming en die betoon van gasvryheid aan die vreemdeling, word deur Robert Vosloo in sy boek, Engele as Gaste, belig. Volgens hom was daar verskillende terme om uitdrukking aan ‘n vreemde te gee. Hy praat van ger, iemand wat ’n ander samelewing verlaat het en ’n tyd lank in Israel gebly het en wat geregtig was op beskerming. Dan praat hy van nochri; iemand wat ’n ger was, maar wat op ’n afstand gebly het en hul andersheid wou behou het. Hy is ook beter bekend as die buitestaander. Die derde groep van vreemdelinge is die zar, ’n Jood wat buite die tempel gebly het. Hulle was eintlik vreemdelinge van hul eie identiteite. Hulle word ook beskryf as vyandige vreemdelinge en daarom was die zar ’n bedreiging.

read more

Verder geluister: Gen 32:22-32

Sewende Sondag in Koninkrykstyd 31 Julie 2011

Dit het my die week opgeval hoeveel van die gebeure in die nuus te make het met vrees. Die mees dramatiese daarvan is die massamoord wat in Noorweë plaasgevind het toe ‘n man na bewering byna ‘n 100 mense vermoor het, omdat hy bang is vir die Moslem oorheersing van Europa. Hy dring daarop aan dat sy verhoor openbaar sal wees en dat hy ‘n uniform mag dra tydens die verhoor. Duidelik dat hy openbare aandag wil vestig op die saak van Moslem oorheersing.
read more

Verder Geluister: Gen 28:10-19a

Sondag 17 Julie 2011 ~ Vierde Sondag in Koninkrykstyd: Gen 28:10-19a Ons fokusteks is ryk aan inhoud. Dit het vele kante wat relevant is vir die konteks waarin ons vandag in Suid-Afrika leef. Van hierdie talle perspektiewe is daar drie gedagtes wat ek hier wil deel....

read more

Verder geluister Gen 25: 19-34

Interessant dat die perikoop begin met: “Hier volg besonderhede oor Isak, seun van Abraham” en eindig met “Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene”.

Kom ons begin met Esau

Hoe gebeur dit dat ‘n mens kan toelaat dat die genieting van ‘n oomblik jou hele lewe kan weggooi – by wyse van spreke? Dat jy soos Esau so blasé kan raak oor iets so belangrik?

Of dit seks is, of geld, of mag of honger of woede of wat ook al, jy laat willens en wetens toe dat daardie behoefte jou vir die oomblik verblind. Die ‘willens en wetens’ het natuuurlik ook ander name soos ontkenning – wat jou die gevare en gevolge van die versoeking mis laat kyk. Of minimalisering – wat die rooilig hoogstens oranje laat skyn. Of soos in die geval van Esau, rasionalisering – dit is tog in elk geval van verbygaande aard.

read more

Verder geluister: Sagaria 9:9-10 – Vorstelike Nederigheid

Sagaria 9:9-10

Nou die dag kuier mevrou Obama, die eerste vrou van Amerika, hier in Suid-Afrika. Sy sê toe iets soos “If you strive for greatness, surround you with people of greatness”.

My eerste reaksie was, sjoe, die Amerikaners kan darem in groot woorde met mekaar (en nou met ons ook) praat. Vir ‘n Amerikaner moet jy altyd groter, beter en ryker as iemand anders wees om te kan sê jy is ‘n sukses.

read more

Verder geluister: Numeri 11:24-30 – Pinkster met Moses en Zuma

Oor geloof en selfbeperking; mag en beheer

Moses was volgens die Ou-Testament die grootste profeet ooit (Deut. 34:10). Hy het immers met God direk gepraat en hy het nie net vir die volk ingetree nie, maar hy was ook bereid om in hulle plek te sterf. Hy kom in die teksgedeelte agter as God se Gees aan die beweeg is, verdwyn die behoefte aan mag en beheer (vers 29). Moses is bewus van sy beperkinge en voel nie daardeur bedreig nie …

Wanneer gelowiges deur die Gees gedryf word, erken hul hul beperkinge en pas hul selfbeperking toe. Dit gaan daarom in geloof nie oor mag en beheer nie. God as Skepper se mag lê nie in die grootheid nie, maar in die kreatiwiteit. “Kreatiewe mag hou dissipline en selfbeperking aan die kant van die Skepper in, soos ‘n dramaturg wat toelaat dat sy of haar karakters in die drama hul eie karakters ontwikkel” (Migliore in the Power of God, 1983). In Jesus Christus ken ons God as medelydende mag. Dit is die mag van lydingsliefde. (Migliore). Deur die mag van die Heilige Gees, die gewer van nuwe lewe, verander ons na die beeld van ons Skepper en Verlosser (Migliore).

read more