{ARGIEF}

Month: September 2010

Begrafnisbegeleiding: Op reis na ‘n Christelike filosofie daaragter

Wanneer ons begrafnis hou, is daar veronderstellings in ons kop.  Wat doen ons?  Waarom doen ons wat en soos ons doen?

Hier volg terg-gedagtes wat die verstaan van die hele afskeidsneemproses in ‘n ander en hopelik beter lig kan laat beland.

  1. Dankie sê aan God – Die diens is ‘n dankdiens.  Al die goeie dinge wat ek het om te onthou, wou God deur die afgestorwene aan my gee en gun.  Persoonlik verkies ek die uitdrukking van ’n dankdiens bo ’n troosdiens, begrafnisdiens, ens.
  2. Geloofsbelydenis / hoop – Hoe gaan ek vorentoe?  Ek kyk op …!  Dis my geloofsbelydenis.  Die God van die Bybel is vir my dáár.  Die Skepper- en Onderhouer-God is ook nou saam en langs my.  Sy Kersfeesnaam – Immanuel – is nou ook waar.  My hoop op troos kom van Hom af.  My geloof leef in hierdie moeilike tyd.
  3. Beskaafd op die hoogste vlak:  Daar is nie ‘n beter beskaafde manier om met iemand se lewe, goed en liggaam te werk te gaan as die beskaafde manier wat ons dinge nou wel hier doen nie.  Dit toon respek teenoor die oorledene en getuig oor hoe Christene afskeid neem en iemand se lewe waardeer.  (Dit verduidelik ook die doel en rol van ’n “in memoriam” of huldeblyk).
read more

Regverdigheid

Wat is die verband tussen regverdigheid en vergewensgesindheid?

Weet jy ek dink die woord wat die verband tussen regverdigheid en vergewensgesindheid die beste verwoord is regverdiging. Dis eintlik ‘n teologiese woord wat beteken om iemand regverdig te verklaar met ander woorde vry te spreek en te vergewe. Ons leer God in die Bybel ken as regverdig en betroubaar; God vergewe sodat ons kan vergewe – dis ’n  Christelike beginsel.

Kan mens rêrig vergewe en vergeet?

Ja, hierdie uitdrukking kan veral onder Christen slagoffers stres veroorsaak. Daar is ’n evangeliese appèl om kwaaddoeners te vergewe. Dis hartseer dat slagoffers se  lyding selfs vererger, omdat hulle sukkel om te vergewe en te vergeet. Sommige mense vergewe maklik en dis opreg. Daar is ongelooflike verhale van vergifnis. Ander sukkel om te vergewe, hulle het tyd nodig, hulle moet eers die seer verwerk, die onreg wat teen hulle gepleeg was, hulle pyn moet gehoor word.

read more

Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal – 6de RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

6. Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal

 Wat is die verband tussen verantwoordelikheid en die ontwikkeling van jou potensiaal?

Weet jy, die Here het ons na Sy beeld geskape, dus, baie goed, uniek, vol potensiaal en ryk aan vermoëns! Gelowiges noem dit talente wat die Here aan ons skenk. Hierdie geskenke moenie toegedraai bly nie,  maar  oopgemaak word. Dis nie wit olifante nie,. Wanneer ‘n mens hulle gebruik,  voeg jy waarde toe aan die samelewing – en word jy terselfdertyd medemenslik verryk.. Seker die grootste geskenk wat ek en jy gekry het,  is ons brein – dis ’n bron van  ongelooflike skeppingsvermoë.

 Hoor ek reg, ons het die verantwoordelikheid om die gawes, wat jy geskenke noem,  ten volle te ontgin…?

Jip, as ons hulle verwaarloos, dan verloor ons dit wat ons spesiaal en kosbaar maak. Ons is waardig. Ons is wesens in wie God ’n vertroue stel, en vir wie God met verantwoordelikheid beklee.

read more

Onselfsugtigheid – 2de RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

2. Tema: Onselfsugtigheid

Vraag 1. Wat verstaan jy of wat moet ‘n mens onder onselfsugtigheid verstaan?

Onselfsugtigheid word gedefinieer as die nie soek van eie voordeel / belang nie. MAW om onselfsugtig te wees is om die voordeel en belang van ander eerste te soek en of voorkeur te laat geniet.

Vraag 2. Maar wat het onselfsugtigheid met moraliteit te doen?

Ek sou sê alles, juis omdat Onselfsugtigheid ‘n morele eienskap, en die toepassing daarvan enige verhouding versier en positief beinvloed. Maar Onselfsugtugheid is ook ‘n  christelike eienskap, maw – dit is ‘n geloofskaraktertrek – dit het ‘n godsdienstige kleur wat in ons menslike omgaan met mekaar uitgedra moet word en kan alleenlik so tot sy reg kom.

read more

Respek – 1ste RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

1. Tema: Respek  (Skriflesing:  Eks. 20:1-17 )

Vraag1. Hoe sou jy respek definieer.

Respek is een van daardie afrikaanse woorde wat ‘n mens amper nie in een sin kan verduidelik nie. Dit voel vir my ‘n mens moet amper ‘n opstel skryf net om die betekenis sowel as om die verwante karaktertrekke daaromtrent te verduidelik. En wat dit nog moeiliker maak is die feit dat die woordjie respek, nie in die bybel voor kom nie. Die Bybel gebruik ‘n klomp woorde wat verwanttrekke toon en benadruk ‘n soort lewensstyl om die inhoudelike van die woord raak op te som.

Woorde en aksies soos, eerbetoon, ontsag hê, voorrang en voorkeur gee, hoog ag en waardig ag, help verduidelik wat respek is en beteken.  Om respek te hê, sluit ook aksies in soos  – te respekteer, te luister na, nie te onderbreek wanneer iemand praat of  nie onderlangs te praat terwyl ‘n spreker op sy voete is nie, nie ander se besittings skade aan te doen, of ander leed aan te doen nie, ook nie die ander se ondergang te bewerk nie, en kan onderdanig wees of om onderdanigheid te handhaaf ook onder die aksies wat respek uitdruk, ingesluit word.

read more

Woensdag 8 September Kom ons almal staak Sondag

As ek oor my Sondae as kind dink, kom daar verskillende herinneringe by my op. Ek onthou my ma se hoender. Hoender was deftige kos en bedoel vir Sondag. Ek onthou die boksie Smarties wat ek by die Sondagskool gekry het omdat ek Ps. 23 kon opsê. Ek onthou Dominee se...

read more

Verder Geluister: Lukas 15:1-10

VYFTIENDE SONDAG IN KONINKRYKSTYD – LUKAS 15:1-10

GOD SE SOEKENDE LIEFDE
Ek mag verkeerd wees maar ek twyfel of ons in die blog na die teks verder vir kinders geluister het. Daarom haal ek Desmond Tutu se weergawe van die Bybelverhaal aan:

Alle soorte mense het gekom om na Jesus te luister. Sommige het God se gebooie gehoorsaam en ander nie. Jesus het almal liefgehad en vriendelik behandel. Sommige van die geleerde mense het nie daarvan gehou nie en gekla: “Kyk net na Hom, Hy praat met sondige mense en Hy eet ook saam met hulle! Ons sal dit nooit doen nie!”

Jesus het hulle gehoor en toe die volgende storie vertel:

read more

Sondag 5 September Oor pa wees en skoon water

Vandag het ons hier in die gemeente (Stellenberg) `n heerlike buitelug diens gehad waar ons die afsluiting van `n paar weke se nadenke oor die ekologie gevier het. Die oudste lidmaat in die gemeente het gehelp om `n boom te plant, terwyl die kinders saad vir...

read more

Doopverjaarsdae

Met die doop van jou/julle kind is dit dalk ’n goeie idee om Deut 6: 4-13 weer ’n slag te gaan lees.  Geloof is om gevorm te word deur God.  Wanneer ’n mens vanuit ’n Bybelse perspektief na die lewe kyk, sal dit vreemd wees om sekere goed in die “geestelike” kategorie te sit en ander weer in die “ongeestelike” kategorie.  Die ideaal is dat elke gelowige groei om uiteindelik te besef wat dit vir my elke-dag se bestaan beteken om te lewe in die teenwoordigheid van die lewende God.  Om hierdie rede is dit verskriklik belangrik dat elke gesin sekere gewoontes en gebruike aanleer wat, in diens van die Heilige Gees, kan help om die geloof te vorm.  Dit is bes moontlik een van die beste maniere in ons tyd gestalte te gee aan die bedoeling van Deut 6.

Om julle te help hiermee, wil ons graag die volgende voorstelle met jou/julle deel oor hoe ’n mens te werk sou kon gaan om, saam met jou gesin, een van die gesinslede se herdenking van hulle doopdag te vier.

read more