{ARGIEF}

Month: October 2011

As ons liefde bankrot raak

Nico Mostert, predikant van NGK Hugenoot, in Bloemfontein, daag ons om nuut te dink oor hoe ons teenoor vreemdelinge optree, veral wanneer ons sensitief daarvoor is om Jesus se liefde te deel.

Dis Saterdag middag so 4uur. Die honde blaf by die hek. Ek gaan uit en sien dis ‘n jong dame wat die sensus kom opneem. Tussen die kef van die jackrussel en die bas stem van die ridgeback kan ek niks hoor nie. Ek gaan sluit die honde agter toe en kom terug. Ek kry ‘n huilende jong sensus opnemer dame by die hek. “Come in,” sê ek. Tussen haar trane deur sê sy: “I can’t. I have wet myself!” Ek sien sy is deurnat. Ek gaan roep my vrou. Ons bring haar in. Sy is in ‘n toestand en totaal getraumatiseer. Ons laat haar stort, soek gou klere (sy is klein en petite ons nie!), gooi sap in en gooi die nat klere in die wasmasjien. “Sit, tell us your story! What happened?”

read more

Dinsdag 18 Oktober: Kerkleiers en die onderwys

Ek sit tans in `n vergadering van die National Church Leaders Consultation. Dit is waarskynlik een van die mees verteenwoordigende liggame van Christen-/ kerkleierskap tans in SA. Die kwessies wat bespreek word gryp my aan die hart: Die toestand van ons land....

read more

Verder geluister: Mat 22:15-22

16 Oktober 2011 ~ Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd Verder geluister: Mat 22:15-22 Ian Nell se eksegese en preekvoorstel rakende hierdie teksgedeelte is baie goed en kan met groot vrug gebruik word. Hier gaan stilgestaan word by goeie dinge wat die regering die...

read more

So naby, waarom dan so ver?

Vandeesmaand is dit 25 jaar sedert twee belangrike Suid-Afrikaanse kerklike dokumente die lig gesien het. Die een ’n studiestuk en die ander ’n belydenis. Verskil die inhoud van dié twee van mekaar? 

PIET NAUDé stort sy hart uit in ’n brief aan mede-lidmate.

Beste mede-lidmate van die NG Kerk

In hierdie dae – naby aan Hervormingsondag! – herinner ons ons aan ’n deurslaggewende moment in ons kerk se geskiedenis: Oktober 1986.

Sedert die koms van Jan van Riebeeck in 1652 tot so “onlangs” as 1881 was die NG Kerk net een kerk. Almal wat deur sendingwerk tot bekering gekom het, het lidmate van ons kerk geword. Ja, vir taaldoeleindes het hulle hier en daar aparte geestelike byeenkomste gehou, maar nog steeds as deel van een kerk. Ons was dus langer een kerk as wat ons nou al geskei is in die sogenaamde familie van NG Kerke.

read more

Donderdag 6 Oktober: Pyn?

Pyn kan ’n verskrikking wees! Dit kan deel wees van die terminale pasiënt se lewe. Daar is sommige situasies waar net morfien en die dood dit verlig. Ek wil nie eers probeer om antwoorde daarop te gee nie. Ek weet ook uit ervaring dat antwoorde soms min help.... Nie...

read more

The most misused biblical term today is “Kingdom.”

One of my college students told me her sister was not working in the Church but was doing “Kingdom” work and “justice” work at a social service. Another student explained to me she was joining hands with a local inter-faith group to further peace. She called it “Kingdom” work and added, “It has nothing to do with the Church.” There’s a common theme here: the “Kingdom” is bigger and better than the “Church.”

read more