{ARGIEF}

Month: April 2011

Donderdag 28 April : Die prins en die pous

Die saligverklaring (beatification), die laaste stap voor “heiligverklaring” van pous Johannes Paulus II vind op werkersdag 1 Mei in Rome plaas. Die aanduidings is reeds daar dat die okkasie tans, wat die media aanbetref, oorskadu word deur die troue van Prins William...

read more

Verder geluister: Psalm 16 – dis weer mode om te lewe

Iemand het eenkeer gesê: “He who lives slowly, dies fast.” Ek dink dit was min of meer dieselfde persoon wat ook gesê het: “I do not have time to be spiritual. Life is too short to waste on spiritual things.”

Nou ja, party mense leef vinnig, en ander leef diep. Dis vir mense wat diep wil leef, vir wie Jesus met sy sterwe en opstanding nuwe moontlikhede oopgemaak het. Voor Jesus se koms het mense gedink hulle kon net “goed” leef as hulle mag gehad het, soos die Romeine, of die godsdienstige wette hiper-presies gehou het, soos die Joodse leiers van Jesus se tyd.

read more

Verder geluister: Psalm 16 – daar lê beter dinge voor!

‘n Seun het vertrek met die doel om heuning te gaan soek. Saam met hom was sy vier honde waarvan een lam was. Toe hy by ‘n kraal met bokke kom, het ‘n voëltjie uitgeroep: “Moenie hier stop nie, daar lê beter dinge voor!”

Die seun het die voëltjie gehoorsaam en verder gegaan totdat hy by ‘n kraal met skape gekom het. Die voëltjie het hom weer gewaarsku om nie stil te staan nie, maar aan te hou. Hy het so gemaak en by ‘n kraal vol beeste aangekom waar die voëltjie hom weer aangemoedig het om verder te gaan, want “daar is beter dinge vorentoe”.

read more

Verder Geluister: Kol 3:1-4

`n Tweede kyk na Kol 3:1-4 Die teks vir komende Sondag is `n ryk en wonderlike een. Die konneksie met die opstanding is voor die handliggend, hoewel die teks ook soms vir hemelvaart gebruik word ogv die verwysing na Christus wat sit aan die regterhand van die Vader....

read more

Gesinne wat bid

Catherine is ’n ma van 2 jong seuns en ’n predikant by Durbanville –Bergsig NG Kerk.Sy het o.a. ’n passie vir die gebedsbediening in die gemeente....

read more

Sies-eka, die groot verkwister!

Die parlement, onder aanvoering van ANC-LP’s, het die openbare beskermer versoek om mnr Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, vir wanbesteding van belastingbetalersgeld te ondersoek. Dis die eerste keer sedert 1994 dat die parlement só ‘n stap teen ‘n minister doen. Ek dink dis noodsaaklik. As die bewerings waar is, het die einde van sy politieke loopbaan natuurlik aangebreek.

Dis dieselfde mnr Shiceka wat in Junie 2009 belowe het om korrupsie oor die daaropvolgende 5 jaar te beveg, veral wat plaaslike regering betref. “We need to decisively deal with corruption without fear or favour. Corruption is an ill that has to be removed from our midst as it denies our people what they rightfully expect from government. Those who are involved or intend to get involved must beware.”

read more

Huis van Gebed

.Catherine is ’n ma van 2 jong seuns en                                                                ’n predikant by Durbanville –Bergsig NG Kerk. Sy het o.a. ’n passie vir die gebedsbediening in die gemeente.  "The Lord give me dream that allows me to fly, and the...

read more